GARDEN ROUTE

Astrix

New member
Nee ken nie vir sakkie nie. Neem aan hy ken hengel vir die been bekke? Gaan die naweek dalk nog 'n lyn probeer gooi maar my geduld raak te gou op met die wag dan begin scratch ek eder weer:doh
 
Astrix

New member
Lofty ek sal maar 'n stelstok opsit al is dit nie altyd my voorkeur nie aangesien mens die vis so mis, maar dan kan ek darm my besig hou met die blaasoppies in die tussentyd haha. Ek sal hulle nog gaan soek waar na my mening min ander plekke is wat so baie van hulle huisves. Dis nou van Gourits tot met infanta. Ek sien een van jou gunsteling plekke is ook in daardie omtrek en na my mening een van die beste hengelplekke langs die kus. Net bereid wees om te loop.
 
Lofty

Senior Member
Ja eks mal oor Gourits, Blombos,Ystervarkfontein en Vermaaklikheid ook maar as die tyd en wind reg is is Mosselbaai net so goed en beter.
 
Lofty

Senior Member
Katot wrote:
Lofty daai is blerrie mooi vis, stuur my pa daai foto. Hy is mos deesdae n fair weather fisherman....lol

Ek gaan baie vir jou pa kuier,al probleem is ek koop goed wat ek nie nodig het nie want daars altyd iets nice..ek kan nie daar verby loop sonder om jou ma skrik te maak nie,dis my treat [die oulikste tale] haha,hy het gesê ek moet 'n foto vir hom bring
 
CharlesF

Senior Member
Lofty wrote:

Een van daai winkels waar mens nie kan verby loop nie. Ouvrou raak baie senuweeagtig as ons mall toe gaan....
 
Lofty

Senior Member
Dankie almal, hulle byt nou taamlik gereeld..my vriend het vandag een gekry maar ek niks en my ander 2 vriende ook niks.
 
Top