Hi almal
Het netnou gou die ± 200 fotos wat ek by die Galjoen Kliniek geneem het by Wikus gaan aflaai. Hy het nou 'n taamlike taak om die bestes tussen die lot wat hy geneem het en wat ek geneem het uit te soek en om dan die verslag te skryf en te post.
Van my kant af my opregte dank en waardering aan Wikus en Dirk wat hulle jarelange kennis en eie waarnemings en proefnemings so met almal gedeel het, sonder om iets terug te verwag - ouens julle is fantastiese mense, en ek het nie van Hein vergeet nie hy het omtrent beindruk met sy stroppe.
Hier moet ook baie dankie gese word aan Archar (Gotaway) wat 'n
m@erse klomp wors by Ian gekoop het om dit vir hom ook moontlik te maak om die kliniek by te woon. En dan ook vir al die ander "support" van Archar af maak dat mens nie regtig weet hoe om dankie te se nie, maar glo my dit word baie waardeer. Ian baie dankie ook aan jou wat al die wors gebraai het - dit was uitstekend
Vir almal wat daar was baie dankie vir julle ondersteuning en dit was lekker om 'n klomp nuwe gesigte te sien. Mens kon duidelik sien dat almal van julle baie gretig was om die kennis wat gedeel is op te slurp, want sulke geleenthede doen hom nie aldag voor nie - en sou so 'n geleentheid hom voordoen wil ek my verstout om te se dat dit waarskynlik nie van dieselfde gehalte sou wees nie.
En sonder ons goedhartige borge sal dit ook nie moontlik gewees het om alles te bereik wat ons het nie. Hier moet spesifiek melding gemaak word van
ALPHA PRO in Brackenfell wat dit vir ons moontlik gemaak het om die Toruim 20 te kon uitloot - gaan besoek hulle gerus vir uitstekende diens en waarde. Alwyn baie dankie ook vir jou borgskap al het ons dit nog nie gebruik nie en aan al die ander wat ek vergeet het of dalk nie eers van weet nie baie, baie, baie dankie.
Alhoewel die weer baie goed saamgespeel het vir die kliniek was die mooi en windstil toestande nou nie regtig idiaal vir galjoen hengel nie. Die kennis wat Wikus en Dirk egter gedeel het en in sommige gevalle Hein se stroppe het seker gemaak dat selfs in die ongunstige toestande galjoen gevang is - 7 in totaal en 'n pragtige Belman. Moet darem ook net byse dat Wikus en Dirk elkeen een gevang het. Ek dink egter dat met die nuwe kennis daar 'n paar manne is wat nie kan wag tot hierdie koue fronte verby is om weer te gaan probeer nie.
Laastens vir die van julle wat dit nie kon maak nie weens werksverpligtinge en ongesteldhede is ek seker dat nie Wikus of Dirk 'n probleem sal he om by toekomstige geleenthede vir julle touwys te maak as julle vir hulle mooi vra nie.