Galjoen 2022

Marthin

Sealiner
Naweek biekie gouritz toe.

7 Gallies in totaal, almal net undersize en toe een botterballetjie van 38 cm. Nog nooit n gallie gesien wat soveel vet ingehad het nie. Gisteroggend gevang, kinders hom gisteraand opgeeet, my oudste gestop net voor hy die vel skoon lek. Baie klein vis in die water, een reguit hoekie van kraker wat kom kuier het, niks op die groot kraker stok nie.

Maar die kinders het dit geweldig geniet, ek was maar meestal ghillie, seekatte gevang, krappe, sakke vol klipvis en alikreukels vir die naweek se seekospot.

Nog steeds die mooiste plek aan ons kus. Het wel n kraker of 2 uitgekom plastiekbaai se kant toe. Een size en een jong vis wat die man weer teruggesit het.

Waar het jy 32 grade in die middel van Julie!
 

SPARRABOS

Sealiner
Marthin wrote:
Naweek biekie gouritz toe.

7 Gallies in totaal, almal net undersize en toe een botterballetjie van 38 cm. Nog nooit n gallie gesien wat soveel vet ingehad het nie. Gisteroggend gevang, kinders hom gisteraand opgeeet, my oudste gestop net voor hy die vel skoon lek. Baie klein vis in die water, een reguit hoekie van kraker wat kom kuier het, niks op die groot kraker stok nie.

Maar die kinders het dit geweldig geniet, ek was maar meestal ghillie, seekatte gevang, krappe, sakke vol klipvis en alikreukels vir die naweek se seekospot.

Nog steeds die mooiste plek aan ons kus. Het wel n kraker of 2 uitgekom plastiekbaai se kant toe. Een size en een jong vis wat die man weer teruggesit het.

Waar het jy 32 grade in die middel van Julie!
... Sjoe verlang n man na daai pragtige wereld.... Stem saam bly die mooiste kus... Ja kyk hier was dit net so bloedig warm.... Ek self so met n af voet gillie gespeel op die hawe vir die lities vir hawe dag..... Koldasse was behoorlik lastig.... Uit die bakkie vis gevang... Lol.... Eerste keer in 6 maande langs die see water.... Wat n lekker dag... Gedog ek sien nooit weer die groot blou dam nie....
 

SPARRABOS

Sealiner
Darem n aalmoes om te braai... My maats weer lekker onder die galjoene baljaar. Met die rowwe supermaan see het hul galjoen wildeperd en kraker gevang.
 

Attachments

  • IMG-20220718-WA0019.jpg
    IMG-20220718-WA0019.jpg
    77.3 KB · Views: 364
Beste Marthin, jy moet groot asb bietjie die resep vir daai seekos pot gooi. Ek het al allikruk geeet, was okay maar nie great nie. So ek dink n pot kan nogal goed werk.
En klipvis???????

Groete
 

Marthin

Sealiner
Nee jong die klipvis was net om die jongste besig te hou.  Hy het later sy eie akwarium in n rotspoel gehad. 

Alikruk werk vir my die beste as jy hom fyn sny.  Dit is baie werk maar 5mm by 5mm blokkies is die beste.  Hy en seekat saam in pot met uie gebraai, biekie witwyn, dan room en dalk n paar gesnyde mushrooms.  Seekat voorberei is n post op sy eie maar mostly al die vel en suiers af by die water (sand metode), daarna moet jy hammer inle, duim dik poot moet as jy klaar is heeltemal plat wees en omtrent 5cm wyd wees, sny dan strips.  Braai hom die uie en alikruk in genoeg botter.... as jy dink jyt genoeg in sit nog n eetlepel by.Oh ja knoffel ook so net voor jy die wyn bygooi.  Ek gooi dan afhangend van hoe groot die pot is n pak gesnyde mushrooms ook by met die braai slag.  So 1 liter room.... die storie moet van die wyn bykom so uur kook teen matige hitte, net so prut prut... as hy biekie droog raak gooi biekie melk by.  So 20 minute voor hy klaar is gooi so pak prawn meat ook by, mossels ook as jy rerig wil grand wees.  Op n berg rys, met skaapwagter snye regte egte brood en duk botter....  As dinge biekie dun is, kan jy hom dik maak met wit uie sop pakkie.
Ek gooi so biekie italian herbs ook by, dis maar n voorkeur storie.
As jy net alikruk het is die beste om hulle deur n growwe vleismeul te sit.  Die geheim met alikruk is om hulle met die uitkook slag nie in die pot te vergeet nie en hulle stokstyf te kook nie.  Sodra daai perd kan roer uit die dop uit moet jy hom uithaal en skoonmaak.  braai uie en knoffel in pot, gooi gemaalde alikruk by, so knertsie witwyn, wag tot dit amper weggekook is, 250ml room, laat prut vir so 10 minute en sit op rys, en onthou sny brood met dik botter on the side.
Jy sal sien, in my opinie, as jy die vrugte van die see eet, hou jy nie cholesterol vlakke dop nie.
 

DJP

Sealiner
Lekker Marthin!
Hmmm, daai resep klink baie lekker!

Ek het al alikruk bemeester maar my seekat kort nog bijtje werk.
 

SPARRABOS

Sealiner
My oom ook vir hom een gaan haal vir braai... Staan 80 se kant toe maar loop die klippe... Gruisbaadjie
 

Attachments

  • IMG_20220803_165650.jpg
    IMG_20220803_165650.jpg
    57.7 KB · Views: 272

SPARRABOS

Sealiner
Manne vertel my was een van beste winters ooit... Monster galjoene... Van die vis was seker vetste in mense hegenis.... Party manne oor 200 gallies gevang... En krakers was ook vollop....
 

Attachments

  • IMG_20220824_123804.jpg
    IMG_20220824_123804.jpg
    45.3 KB · Views: 126

SPARRABOS

Sealiner
Water my bek as ek so kyk... Sal Mos lekker braai net daar by die see...
 

Attachments

  • IMG-20220823-WA0071.jpg
    IMG-20220823-WA0071.jpg
    57.3 KB · Views: 123
Top