Daar sal geelvis wees. Mens gebruik 'n hoek om geelvis mee te hak :-D
Onthou geelvis is jagters, hulle sal instinktief 'n gogga of verdwaalde klein vissie in die water skraap.
Hulle hou van plekke waar hulle prooi kan voorle, soos net na 'n stroomvesnelling waar hulle bv agter 'n klip kan watertrap tot iets verby hulle spoel, so waar die water vinnig vloei sal jy meer van hulle kry. Self skole of dit lyk soms so.
In stil water, mmmmm.... hulle sal dalk daar deur swem per geleentheid, maar sal maar yl wees. Die grootbek geles swem dikwels soggens vroeg teen die oewer af, sy rugvin steel soms soos 'n haai s'n uit die water op soek na kos.
Meeste ouens jaag die geles weg nog voor hy die eerste gooi gemaak het. Geelvisse sien uitsondelik goed, so as jy 'n beter kans wil he om een te vang moet hy nie eers weet jy's daar nie.
Onthou die ligbreking in die water is tot die vis se voordeel, so teen die tyd wat jy hom kan sien het hy jou al laaaaankal gesien.
Onthou ook die lig is agter jou, so die vis sien jou makliker as wat jy hom sien. Dis soos om deur 'n kantgordyn na buite te kyk, jy kan uit sien, maar die ou buite kan nie in sien nie.
Baie ouens het al gedink ek is kens omdat ek 'n stukkie oewer bekruip, maar heel dikwels beloon die resultate. Onthou visse is altyd waaksaam en hou die water bo dop, dis tog waar meeste van die gevaar, en hulle kos vandaan kom.
Foto van Pieter (aka Pine) met 'n Grootbek geelvis wat hy onder 'n boom gevang het. Hy't die gooi en alles mooi uitgewerk om die kunsaas te kon kry waar hy wou. Werk as mens soms effe meer versigtig is.