ek sit nou en dink die winter is om die draai en e

supa-m

New member
ek sit nou en dink die winter is om die draai en ek gaan n klomp klub kompetiesies hengel in die winter , maar ek het nog nooit in my lewe in die winter gehengel nie ek weet nie van ervaaring wat om te doen en wanneer nie ek het nog net in boeke gelees oor wat om te doen in die winter as jy vis wil uittrek en land . Ek gaan hier onder lys wat ek gelees en gehoor het ( asb. as daar iets nie volgens julle heeltemal reg is nie asb. maak dit vir my reg ) :

Aas : Meng maar groot en klein aasies want daar kan dalk n kleiner vissie verby swem dan kan hy nie die grooter aas in sy mond in kry nie . een of twee mielie pitte op n hoek sal doen anders sit n swd of custard backing op .( as jy verkies om ander backing op te sit sê asb. watter ander backing daar is wat jy persoonlik verkies , maar dit is wat ek verkies en dit is makliker om te maak ) . sit n float van jou keuse op en dan sit dan agter op hom n deegie rol die deegie dan af op die lyn om hom groter te maak maar sit op die ander hoek n kleiner aasie vir die kliener vissie wat verby swem . mens kan ook n deegie van jou keuse op sit sonder eenige float of mielie . mens kan hier en daar n wurmpie op sit , maar sit n grooter hoek op soos n no. 1 daichi vir n grooter wurm mens kan n float of mielie op sit voor die wurm om hom n grooter aasie te maak . (dit is hoe ek dit sien groot vis kan groot en klein aas vat maar klein vis kan net klein aas vat so sit maar n kleiner aasie by vir daai klein vis wa verby swem)

Grond voer : moet nie te groot bolle op sit anders gaan jy net die vis vol maak en dan gaan hulle weg gaan en nie jou aas op tel nie (want as n mens vol ge-eet is gaan mens mos nie nog meer kos in mens wil inprop nie)

 main lyn : sit bietjie sterker lyn op soos 10lb (soos ek gese het die grooter vis is meer aktief ) as die grooter vis jou optel wil jy nie die heel dag spook om hom uit te trek en dan die res van jou tyd te mors nie .

Leader lyn : hou nogsteeds by jou 24lb leader lyn , want mens gaan net soveel krag insit in jou gooie as wat mens in die somer gaan in sit as dit nie meer is nie .

Geure : gebruik sterker geure in de winter as in die somer want vis is neskurig en hulle gaan vinnig wil gaan kyk wat die skok reuk is in die water en dan gaan die  vis natuurlik vinniger byt en as dit nie vinniger byt nie gaan hulle wel byt want hulle is neskurig . dit is ook nie te sê dat sterker geure altyd gaan werk nie mens kan altyd ook net bly by al jou  somer geure en dan as dit nie werk nie gaan na jou sterker geure toe .

diepte : in die winter gaan die vis noodwendig dieper le as wat hulle in die somer gaan so mens moet altyd maar diep begin . soos wat die dag aan gaan en die vis warmer water gaan soek gaan hulle vlakker kom opsoek na warmer water . so ek sal se begin op 120m na 140 m en dan as die vis nie daar is kan mens altyd vlakker kom na 100m na 70m mens sal wel die vis op tel . as mens die vis op getel het dan voor jy in katrol maak n merkie met n permanent marker en as jy weer gooi dan as mens die merk siek dan stop mens net die lyn en dan al hy in n 5m radius van daardie plek geval het die vis sal wel naa die kol swem en gaan kyk wat gaan daar aan . mens kan ook altyd in hak hengel , staan net twee tree meer agtertoe in die winter as wat mens in die somer sal sal staan  (weer) ,Want grooter visse is meer aktief as kleiner vissies in die winter in hak hengel is wanneer mens die lyn in haak by die klippie lans die kant van die spool om te verseker dat mens dieselfde diepe die heel tyd gooi dit hang net van jou af hoe meer reguit jy kan gooi hoe minder gaan die radius van jou kol wees en hoe meer efektief gaan hy wees.

strop : daar is mense wat met n m1.5 120m na 130m kan gooi en as jy een van hulle is is die retvlei strop die een vir jou dit bhels dat die sinker los is en hy kan op en af jou skaglyn gly en net bo hom is n swiwel met n hoeklyn van 8 tot 12 cm lank en n hoekie die kan ook los gly op en af die skaglyn onder die sinker is is nog n swivel met n hoeklyn wat 8 tot 12 cm lank is met nog n hoek . die skag lyn maak mens dieselfde as jou leader lyn en hy moet +/- 25cm lank wees hoek lyne is minder sterk en is ook dunner dan die aasie meer vrylik kan beweeg . hoek grootes is 0/8 daichi's die hoek wat so klein is maak nie saak nie mens kan net die aasie meer growwer maak soos die aas wat mens op sou sit as mens n grooter hoek op gehad het .nog n strop is n vaaldam strop dit bhels dat die sinker onder is met n skaglyn van 20-30 cm lank en ook net so sterk is soos jou leader lyn voor die eerste gummie wat in gesit word na die gummie kom n swivel met n hoek lyn wat ook dunner is wat ook 9-12 cm is dan +/- 10 cm lyn wat n gummy in die middel het en dan bo die gummy nog n Swivel met n hoek lyn presies dieselfde as die onderste hoek .die sinker is dan n p3 na 'n p5

 

:wfishas die gras is en mens loop hier gaan mens amper nooit raak gery word nie

:fswim, maar as hier kwaai verkeer is en mens loop hier gaan mens raak gery word .

so as mens daar gooi waar vis is sal daar n vissie byt maar as mens nie daar gooi waar vis is die kaans skraal dat mens vis gaan op tel .
 
Aas : Ek hengel gewoonlik fyner in die winter (kleiner asies)

Grond voer : moet nie te groot bolle op sit anders gaan jy net die vis vol maak......stem saam. En maak die bolle ietwat sagter.

 main lyn : sit bietjie sterker lyn op soos 10lb (soos ek gese het die grooter vis is meer aktief ) .......stem nie heeltemal saam nie. Kyk na jou afdeling hieronder oor diepte. Jy gaan verder moet gooi in die winter, so hoe dunner die lyn, hoe makliker en verder gaan jy kan gooi.


Leader lyn : hou nogsteeds by jou 24lb leader lyn , want mens gaan net soveel krag insit in jou gooie as wat mens in die somer gaan in sit as dit nie meer is nie. Ek gebruik nog steeds 'n 18lb leader lyn in die winter.

Geure : gebruik sterker geure in de winter as in die somer want vis is neskurig en hulle gaan vinnig wil gaan kyk wat die skok reuk is in die water en dan gaan die  vis natuurlik vinniger byt en as dit nie vinniger byt nie gaan hulle wel byt want hulle is neskurig . dit is ook nie te sê dat sterker geure altyd gaan werk nie mens kan altyd ook net bly by al jou  somer geure en dan as dit nie werk nie gaan na jou sterker geure toe. Die hoevelheid dip wat ek opsit is ook minder.

diepte : in die winter gaan die vis noodwendig dieper le as wat hulle in die somer gaan so mens moet altyd maar diep begin . soos wat die dag aan gaan en die vis warmer water gaan soek gaan hulle vlakker kom opsoek na warmer water . so ek sal se begin op 120m na 140 m (waar 'n dunner hooflyn mos beter gaan werk) en dan as die vis nie daar is kan mens altyd vlakker kom na 100m na 70m mens sal wel die vis op tel . as mens die vis op getel het dan voor jy in katrol maak n merkie met n permanent marker en as jy weer gooi dan as mens die merk siek dan stop mens net die lyn en dan al hy in n 5m radius van daardie plek geval het die vis sal wel naa die kol swem en gaan kyk wat gaan daar aan . mens kan ook altyd in hak hengel , staan net twee tree meer agtertoe in die winter as wat mens in die somer sal sal staan  (weer) ,Want grooter visse is meer aktief as kleiner vissies in die winter in hak hengel is wanneer mens die lyn in haak by die klippie lans die kant van die spool om te verseker dat mens dieselfde diepe die heel tyd gooi dit hang net van jou af hoe meer reguit jy kan gooi hoe minder gaan die radius van jou kol wees en hoe meer efektief gaan hy wees.

strop : daar is mense wat met n m1.5 120m na 130m kan gooi en as jy een van hulle is is die retvlei strop die een vir jou dit bhels dat die sinker los is en hy kan op en af jou skaglyn gly en net bo hom is n swiwel met n hoeklyn van 8 tot 12 cm lank en n hoekie die kan ook los gly op en af die skaglyn onder die sinker is is nog n swivel met n hoeklyn wat 8 tot 12 cm lank is met nog n hoek . die skag lyn maak mens dieselfde as jou leader lyn en hy moet +/- 25cm lank wees hoek lyne is minder sterk en is ook dunner dan die aasie meer vrylik kan beweeg . hoek grootes is 0/8 daichi's die hoek wat so klein is maak nie saak nie mens kan net die aasie meer growwer maak soos die aas wat mens op sou sit as mens n grooter hoek op gehad het .nog n strop is n vaaldam strop dit bhels dat die sinker onder is met n skaglyn van 20-30 cm lank en ook net so sterk is soos jou leader lyn voor die eerste gummie wat in gesit word na die gummie kom n swivel met n hoek lyn wat ook dunner is wat ook 9-12 cm is dan +/- 10 cm lyn wat n gummy in die middel het en dan bo die gummy nog n Swivel met n hoek lyn presies dieselfde as die onderste hoek .die sinker is dan n p3 na 'n p5
 

Naruto

Sealiner
Komps: Al wat ek anders doen in winter is om langer te wag vir n byt, so diep as moontlik te cast(werk nie altyd nie, maar ekt laas jaar meer klubkomps so gewen) en as jy wel met floats en deeg hengel, maak dit so klein as moontlik. En ek sal mielies op een hoek en wurms op die ander hoek op die een stok sit. dan moet ek net bysê dat al die dinge ook afhang van die venue...

Social: bloutrein of Juana mielies... #3 hoek. En dikker lyn. 10lbs lyn is geskik om so 100m te kan gooi. En geduld.
 

PI

Senior Member
My winter hengel is baie naby aan somer hengel al changes wat ek sal maak:
1. 5lb hoeklyntjies (ek weet dit seem crazy, maar dit gee beter bait presentation, Enigma het my die tip gegee. PS dit werk.)
2. Definitief langer wag vir n byt,
3. Minder konsentraat
4. Sagter bom
5. Baie warm klere
6. Meer mielies gebruik as aas, maar nogsteeds die gewone SWD en flouts aanbied.

my 5bob.... :)

PI
 

Jake the Snake

New member
Die enigste verskil tussen winter Hengel en somer hengel is die hitte...LOL

Nee ek doen dievolgende:
1) Gooi minder dips op, maar gan nie noodwendig na sterker geure toe nie. Waar ek byvoorbeeld FX/Peach sou gegooi het sal ek nou FX/Peach en druppel TCP, Gumtree of Garlic bysit.
2) Hengel so fyn as moontlik (float en fyn SWD, dan hoef jy nie 5lbs hoeklyne te gebruik nie.) Sal dit slegs doen op die een hoek en dan die ander een lekker grof met die SWD hengel. Sal oof maar my Mielies probeer maar nie altyd nie.
3) Gooi verder. Soos jy se afstand in die winter is belangrik omdat die visse definitief die warmer water soek sal jy definitief dieper water moet gan soek. Maar dit hang ook net af waar jy vang. Dit hoef nie noodwendig verder te wees nie maar net dieper water so kyk maar net na die oewer as jy daar kom, jou dieper water mag dalk slegs 60m voor jou wees.
4) Maak jou Hoeklyne langer bv. waar jou nou met 7-12cm hoeklyne hengel gan nou na so tussen 12-18cm toe.
5) en dan laaste maar die miste nie, gebruik Meer geduld. Visse is baie traag in die winter net omdat hulle nie meer in `n feeding frenzy is nie. Amper half soos `n beer wat so bietjie hibernate in die koue maande.

So ja waarop dit neerkom vir my is, jy hoef nie jou hele benadinge itm jou hooflyne leaders en dips te verander nie, verander net so bietjie jou taktiek vir die dag en gan net dieper en wag vir die vis. Drink `n lekker warm koffietjie en geniet die natuur.

:wfish
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek gebruik dieselfde toerusting, winter en somer-ek gooi steeds een stok op ongeveer 40m en een so diep as moontlik. Baie keer is jou vlakker water warmer as die dieper water. Vir sosiale hengel sal ek pitte Baie lank laat le-komp in die winter klein degies en floats. Ek gebruik steeds TCP, Garlic en duiwels soos in die somer ook-gebruik waarin jy glo.As jy comp hengel kyk waar vang die ouens om jou, dis nou diepte.as jy geen vis kry nie pas baie vinnig jou hengel aan.Nog beter is as jy kan sien watse geure ook gebruik word
 

Naruto

Sealiner
Brakkanjan wrote:
Ek gebruik dieselfde toerusting, winter en somer-ek gooi steeds een stok op ongeveer 40m en een so diep as moontlik. Baie keer is jou vlakker water warmer as die dieper water. Vir sosiale hengel sal ek pitte Baie lank laat le-komp in die winter klein degies en floats. Ek gebruik steeds TCP, Garlic en duiwels soos in die somer ook-gebruik waarin jy glo.As jy comp hengel kyk waar vang die ouens om jou, dis nou diepte.as jy geen vis kry nie pas baie vinnig jou hengel aan.Nog beter is as jy kan sien watse geure ook gebruik word
Dis nie sien, ruik en steel met die oog...lol!!!!::jdchk
 

Brakkanjan

Senior Member
My maat-ek het al vis getrek op n comp dan staan die met sy neus is die lug en ruik hard-hy vra my nie, so paar min later toe se ek vir hom Banjo en Molasse hahahaha
 

Jake the Snake

New member
Nee man maak soos ek maak. Los die ander bottels met lekker groot name op voor of bo op jou kas.

As die manne verby kom om so bietjie kak te praat dan sien hulle mos. Of spuit so `n paar "spuite" op die bol na sy kant toe voor jy ingooi...LOL

Maak die manne mooi moeg :dapp: as jy hulle dan vang op "banjo" en hulle nie....LOL
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek is nie skaam om mense te se waarmee ek vang nie-Ek kan verstaan nie ernstige manne. Soms het dit al gebeur as ek gaan kamp dan wil my buurman my nie se nie of hy lieg-stamp hy die vis op Perdeby dan se hy vir my Almond.Om terug te kom by winter-hengel, duiwelsdrek floats het al goed gewerk vir my. Plain floats botteltjie met n proppie lennons se duiwelsdrek.
 

Jake the Snake

New member
Nee kyk ek help 90 % van die tyd die manne maar as dit kom by Liga's en SA's dan trek jy maar elke uit die boeke uit. LOL

Thanks vir die tip. Sal hom bietjie gan try.
 

LeonK

Member
ek het eenkeer op n SAPS nationals n botteljie rooi laventel oop laat staan. op daai stadium was ek nogals mooi geplaas in die sone en sterk oppad na n sone wen toe.

so rukkie nadat ek die botteltjie uitgestal het, toe begin die manne regs van my die visse bymekaar maak. ek het my sone toe net net gewen.

na die tyd staan ons gesels en ek vra hom waarmee hy gehengel het. hy antwoord toe dieselfde as jy! lol
 

PI

Senior Member
Kyk ek deel graag my combos met die manne, maar eers na die komp.... :)
Ek moet in elkgeval eers beter leer hengel voor hulle my sal vra LOL

PI
 
Top