Ek het vanmiddag gou uit geskiet en gekyk na die O

CARP1

Sealiner
Bruggie wrote:
JPS - Ons ry more oggend 03:00 Bloemhof toe!
Carp1 - Ingeneerswese.Ek hardloop hulle store.

Right.Aangesien my hele naweek nou opgevoeter is deur jou ondeurdagte kommentaar sal jy my van nou af as OOM aanspreek....;-).

Die enigste manier hoe jy jouself weer in my goeie boekies kan kry is deur my in te lig hoe dit langs die Paradys gaan....;-)
 

dawid2005

New member
Skuimkop wrote:
Wel hier in die Kaap is alles mos wind, wind en wind. Ek het al goeie truuks geleer om die gewone Gazibo's (Game, Trade Centre, Makro) BAIE stewig in die wind te laat staan. Inteendeel my groot probleem is om die tent penne in die sagte sand hier by ons te hou. Ek het die probleem ook al uitgesort maar is te veel kere te lui om dit toe te pas. Ek het ook al 'n ander skadu net plan gemaak maar dis bietjie moeiliker om hom op te slaan en het bietjie meer toue maar wind maak hom niks.

Ek het nie geweet julle ouens daarbo stoei ook so erg met die wind nie so ek gaan bietjie effort in sit oor die volgende maand en vir julle 'n mooi dokument met demonstrasies en foto's in 'n word dokument maak. Ons kan almal dan tips en idees deel onder mekaar en ek sal die dokument dan update soos ons aangaan. Hoe klink daai vir julle?

O ja CARP1 net vir ingeval jy twee ouens nie glo nie bly weg van daai konsertina gasibo's. Die mense hier onder in die pic was ook gewaarsku, maar nee. lol hahaha.
 

Skuimkop ek sal nogal regtig belangstel in daardie dokument, ek het ook een van daai konsertina Gazebo's en nou laat julle manne my worry, ek moet ook sy my Gazebo het die Fibreglass pale(Soos wat jy vir 'n dome tent het) vir die dak en dit is nie die opvou pale wat deel is van die Gazebo, maar ek moet ook byse ek het ook al geleer as die wind te erg raak haal ek die Gazebo se syl af en laat net die raam daar staan.
 

CARP1

Sealiner
As daar 'n storm is kan jy altyd plan maak emt die Gazebo,soos die syl afhaal.Maar as dit 'n jong Tornadotjie-in-wording is is daar geen waarskuwing nie.

50cm .25inch round bar stormpenne het nog altyd goed gewerk by Bloemhof.
 

dawid2005

New member
ek stem saam met jou Carp1 dit is seker maar 'n kans wat ons vat as ons lang die water gaan sit, ek moet ook se ek ken daai Bronkies storm wat jy van praat het jare terug baaie daar gevang, maar sedert die gras so erg is daar gaan ek nie meer soon toe nie. Ek het al daar gesit wat ek daai storm dop gehou het waar hy van Bronkhorstspruit se kant af trek Delmas se kant to en toe hy daar kom draai daai ding om en besluit om terug te kom. Ek het net daar op gepak en huistoe gegaan, want ek het gesien hier kom groot moeilikheid.
 

CARP1

Sealiner
Dit was 'n goeie besluit gewees Dawid.Pasop ook as hy van Pretoria af Noordoos beweeg,en dan oor Bronkhorstspruit terugkom dam toe.Dis hy wat ons een aand getref het.

Daai plastic hexagon gazebo van ons was toe al deur 'n paar Bloemhof storms gewees,en hy het nie drama gehad nie.So ons het nie eers die syl daai aand afgehaal nie.Wel,10 uur daai aand is ons toe nou 3 groot manne wat klou soos poefie aan 'n wolkombers aan daai gazebo.Gedink ons gaan hoe tot die wind bietjie kalmer is,maar na 'n uur clip ons toe maar die syl los laat hy oor die frame waai tot op die grond.

Van kaalgat in die kar sit praat ons tot vandag toe nog nie.....
 

CARP1

Sealiner
Brug,drie volgroeide mans kaalgat in 'n kar is nie vir sissies nie.Veral nie as die bure vroeg die volgende oggend(terwyl ons al 3 le enslaap in die kar)oorkom en kom kyk of ons oorleef het nie....
 

CARP1

Sealiner
LMAO!!!!!! En ie een van ons 3 is nou juis die atletiese-tipe nie....;-)

Ek was laas in Februarie daar met 'n boot.Redelik snorre gekry,maar die karpies was doodstil.

En daar was plenty gras gewees.
 
Top