Ek het vanmiddag gou uit geskiet en gekyk na die O

CARP1

Sealiner
Ek het my 1ste "groot" karp in 1989 daar gevang.4.7kg.Daai dam sal altyd 'n spesiale plekkie he.

Ek weet Baja dam se kant het gewoonlik maar gras,en Natuurbewaring is bietjie beter.Ek het ook rumours gehoor dat daar iets aan die gras gedoen gaan word.
 

dawid2005

New member
Wel ek hoop regtig dat hulle iets aan die gras gaan doen want ek sal dit like om weer 'n paar lekker vissies daar te gaan vang en die feit dat dit net 40min se ry van die huis af is help ook baie.
 

dawid2005

New member
Ek was 15 in 89 en het gedink varswater visvang is tyd mors want ek het geleer visvang in plekke soos Swakopmund, Hentiesbaai en Terracebaai in Namibie dit was eers 9 jaar later in 98 wat ek my eerste karp gevang het, toevallig ook by Bronkies wat ek geheel en al "hooked" geraak het aan die dam visvang ding en ek is nie spyt vir een oomblik nie.
 

CARP1

Sealiner
Ek het my deel gehad van kompeterend hengel.Het vir Mundt gehengel as junior.Deesdae is die rustigheid en kuier en ontspan die heel belangrikste vir my.
 

Bruggie

Sealiner
Ek het nog altyd net social gevang en weet wat jy bedoel van die rustigheid en kuier. Maar ek wil nou die kompiteerende kant gaan probeer.Ek sluit volgende jaar Januarie aan by Summer hengel club.
 

dawid2005

New member
Ek verskies die rustiger social hengel, maar dan moet ek ook se ek het nog nooit kompenterend gehengel nie behalwe twee ope comps, maar die social ding bly vir my die beste want vroulief en die kids hou ook daarvan en dit gee ons baie waardevolle tyd saam.
 

CARP1

Sealiner
Feite Dawid.Kompeterend is baie lekker Bru,maar maak jou reg vir moerse lang dae.As jy kompeterend gan moet jy voluit daarvoor gaan.
 

dawid2005

New member
Bruggie julle moet veilig ry en stywe lyne daar by Bloemhof dink maar aan ons arme siele wat by die werk gaan sit en droom van die water.
 

Osie

Senior Member
Bruggie jy maak my nou vrek jaloers.

Lyk vir my julle gaan 'n wonderlike tyd he met die weer ook:

Vrydag: 18 / 33, Partly Cloudy, Wind: 29km/h

Saterdag: 14 / 33, Partly Cloudy, Wind: 29km/h

Sondag: 21/35, Clear, Wind: 40km/h

 
 

Osie

Senior Member
Ek gaan maar golf speel saterdag...of wag laat ek dit regstel.

Volgens my goeie vriend is ek uitgenooi om te gaan golf speel maar intussen weet ek dat dit my bachelors is saterdag, so ek bekommer nogal bietjie daaroor.

Ek sal maar volgende week 'n bietjie boschkop toe gaan om eitsie te vang maar dit sal nooit by bloemhof uit kom nie....
 

Brakkanjan

Senior Member
Bruggie het jy al Kruger Plaas gehengel? Ek sal enige een van die 2 hengel (as dit moontlik is vir my om te gaan) anderste vote ek Krugerplaas.

 

Krugrplaas het net minder geriewe en nie kragpunte nie. (een baie skoon ablusieblok)
 

CARP1

Sealiner
Brak,is die grondpad Kruger's toe korter as Tago toe?Hulle sit mos maar so oormekaar?

En in watse toestand is die pad gewoonlik?As die pad nie te vars is nie gaan die karavaan manne huil.Hulle sal alles weer moet oorpak as hulle daar kom....;-)
 

CARP1

Sealiner
Brak,is die grondpad Kruger's toe korter as Tago toe?Hulle sit mos maar so oormekaar?

En in watse toestand is die pad gewoonlik?As die pad nie te vars is nie gaan die karavaan manne huil.Hulle sal alles weer moet oorpak as hulle daar kom....;-)
 
Top