Waar begin ek...
Ek het agter gekom dat Sealine op 'n stadium vol lewe was, maar a.g.v ander kommunikasie-programme het goed soos "forums" maar stil geraak.
Ongeag daarvan het ek my non-edible avontuur aangepak.
Soos die dae verbygaan, het ek besef dat Sealine 'n goue bron van kennis en ervaring is.
Advies,demonstrasies,vangste,ervaring,vriendelikheid.behulpsaamheid was vollop in die vorige jare op hierdie forum en dit het my regtig verbaas. Natuurlik het ek soveel moontlik tyd spandeer met hierdie informasie om my eie kennis te verbreed aangesien ek regtig geen idee gehad het hoe om 'n staal strop te bou of hoe om braid op 'n katrol te sit nie.
Ek en my familie het af en toe Langebaan besoek op naweke en elke keer hoor ek van die "Langebaan Bronzies"
Dit het natuurlik nie my saak gehelp nie , want ek weet daar is mense wat hierdie diere vang en ek wou bitter graag ook daardie beleef het aangesien almal gewoonlik vir my gelag het omdat ek nie geweet het hoe om 'n knoop te maak om net 'n sinker aan my lyn te kry nie.
Alles moes ek van vooraf geleer het.
Ongeveer 4 weke later was ons weer in Langebaan. Ek het weer my stok geneem( geskenk vanaf ouers) en 'n ou katrol wat ek uit my pa se ou sak gekry het en weereens water toe gegaan. Paar stompneuse later toe kom daar 'n hengelaar aan saam 2 ander mense ( moontlik pa en jong seun).
Hy vra ordentlik of hy langs my kan kom vang en gegewe sy gear en kit het ek gou ja gesê haha.
Ek het hom soos 'n arend dop gehou. Die manier hoe hy sy aas aanmekaar gesit het, chokka geslaan het en self sinker aan sy dingle geclip het ( dit was absoluut grieks vir my op daai stadium).
Die handskoen wat hy gedra het ( glove vir braid) tot die oomblik wat hy gegooi het, jinne man daai stok se punt kon amper sy onderbroek gehak het en daai aas/sinker combo was orbit toe gelaunch. My oë het amper uit my kop geval!
Ek het toe maar my trots gesluk en met die hengelaar gaan praat. Myself voorgestel en sommer lekker gesels.
Hy het genoem dat hy op die laaste uur van 'n kompetisie is en dus probeer hy nog punte bymekaar skraap.
Ek vra hom toe wat hy probeer vang met daai groterige aas en waarom die sinker onder die aas is( clueless ek weet...) nie lank na dit nie en toe....
VAS PAPPA!!!
Daai stok trek horisontaal en hy gee so paar treë vorentoe. Jinne toe het ek lankal vergeet van my eie stok. Na 'n opwindende paar minute kom hy met 'n "smoothound" uit en dit was 'n bus gewees!
Ek dog my stompneus was groot tot ek daai gesien het haha!
Hy meet toe die smoothie en neem 'n foto en laat hom gaan.
Ons het 'n uur daarna gegroet en paaie geskei.
Die volgende dag oppad huistoe het ek besef...ek is hooked.
Baie dae het verby gegaan en ek het my alie af gesukkel aangesien ek geen kennis op staal stropped/aas aanbieding ens. gehad het nie.
Sealine was my beste vriend! Ek het uiteindelik my eerste stroppe gebou en die proses teveel herhaal om tyd te verbeter.
Na baie blanks het ek 1 ding vir myself gesê: " Leer uit jou foute en probeer iets elke dag nuut leer en te verbeter"
Na baie gesukkel, stukkende hande en vele gate a.g.v hoeke wat my vang..het ek meer en meer tyd by die see spandeer saam ander hengelaars. Ek het 'n geelstert geflap met sarda fillet in die diepte in gestuur en in rod stand geplaas... Gegewe dat daar min hengelaars van ons groep oor was en son amper begin sak het,was my hoop nie baie groot nie.
Meeste van die manne het opgepak en die son het begin sak... Toe dink ek : "Ai vandag is weereens net nie my dag nie"
Ek het my rug gedraai en my goed begin terug in Pajero sit. Toe vat ek 'n sluk van my koeldrank en eweskielik hoor ek 'n katrol wat SKREEEEEEEEEEEEE.
Skielik swaai ek om en kyk in die pragtige blou water vas , maar ek sien nie my stok nie. Toe registreer ek dis MY STOK en MY KATROL wat HORISONTAAL trek met die strand!!
My hart spring toe uit my bors uit en ek kom by my stok. Tel dit uit rod stand uit en gee so 3 sekondes ekstra voor ek drag stywer maak en stok paar keer lig. Toe voel ek net hoe sleep daai ding Australië toe. Ek maak drag losser en gee kans dat sy swem. Met daai pull het ek amper my poep string geskeer.
PRAGTIGE GELUID EK Sê
Toe staan die manne om my en dit was game on.
Na ongeveer 40 minute het ek haar geland.
209 PCL en volgens app 131KG, Female Bronzie.
Die release was vinnig en die sirkel het pragtig in die regter hoek van haar bek gesit. Sy het sterk geswem om nog groter te raak.
Perseverance is key ! Ek het geweet my luck sou eendag draai.
LEKKER MAN! Dankie Sealine en dankie aan almal wat my al gehelp het.

:fst:
:fst::spite
:ssswim
:first::craz
:woohoo:sha((r(e(ling
b_r_a_a_i:sval
(r(e(ling