Dips and Floaties

Johan9255

Member
Ek bly wonder of floaties en dips hulle krag verloor. Ek het n video van Scalk van Breda en Louwtjie gekyk vrydag waar hulle se dat jou fx ens moet duk wees as jy hom uit die bottel uit gooi. Myne is baie oud en loperig. Beteken dit sy aanlokkrag is verloore. Ek het die sondag wat verby is gaan hengel en niks gevang nie. enige raad
 

TimJan

Sealiner
Kyk die maklike antwoord is ja dips en floaties word oud.
As hulle uit die son en hitte gehou word hou hulle langer.

Jou floaties moet sag wees en nie soos klip nie en moet ook nie breuk of chip as jy n hoek deur druk nie.

Vir jou dips gee hulle n lekker ruik en gaan sommer by jou naaste vis winkel en ruik die "vars" een baie van die dips kry apers n suur reuk of verloor wel van hulle reuk.

Nou die slim mense reken so 6 maande na 1 jaar as jy na hulle kyk en nie in die son laat staan nie.

Ek het n paar dips wat ek al jaare lank het, My een dip is al oor die 10 jaar oud en elke nou en dan gebruik en hulle en dit werk nog.

Is dit die rede hoekom jy nie vis gevang het nie weet ek nie maar as dips soos FX oud word is dit baie keer die floro wat uit sak.

Hoop dit help.
 

Johan9255

Member
Ek het wel die probleem as ek die floaties op die hoek sit dan breuk hulle .En ek los altyd AL MY GOED NET SO IN DIE SON so net daai tip alleen sal my seker geld spaar. Ek waardeur jou hulp baie_seal1_
 

tadeo

Sealiner
Stem saam - As die vis mal genoeg is om op die oorspronklikke stink goed te byt gaan die ou goed hulle nie afskrik nie. tensy soos timjan se van hulle kan suur word en ek dink dit kan hulle afsit.
Wat ek wel kan by las is moenie aleen voel nie. Ek blank nou al die afgeloope 3 naweeke en ouens wat saam met my was ook.
Dit gaan maar moeilik in die kaap op die oomblik…maar daar is ouens wat vang.

::tight:
 

IWyk

Sealiner
Ja dit word oud. Meer so as dit in plastiek bottels is, glas is beter. Son, wind en weer en bottels laat oopstaan ens. sal dit baie gouer laat afgaan en gouer geur/krag verloor.
 

Tackleit

New member
Hi There

From my experience floaties do go old, dips sprays etc last a lot longer though.

I do think different brands last different times, I also think that packaging etc plays a role in this.
 

tadeo

Sealiner
Wel ek weet nie meer nie. Ek het vandag uiteindelik my eerste vis na n maand se blanking gevang. En dit op my een jaar oue banjo floaties. Omdat daar net n paar oor was wou ek dit net op gebruik om die botel weg te gooi. Het dit ook nog nie die winter gebruik nie maar het al uit idees gehardloop
 

LeonK

Member
manne julle is welkom om by ons aan te sluit vir ons volgende klub komp (Boland hengelklub)

ons hengel n hele klomp damme in die weskaap.

jy kan ook as sosiale hengelaar by ons kom hengel.

julle kan my gerus kontak vir meer detail
 

Johan9255

Member
nog net een klein vraagie asb. EK het nou die dag garlic dip gekoop. Dit ruik baie skerp. Alles ruik na garlic. Kan dit my ander dips se geure beinvloed?
 

GhostCarp

New member
as ek net ietsie mag noem is jou fx ene wat uit n spraykop of n glas botteltjie uitkom...want hulle kan bietjie bietjie dunner wees  die beste is as jy jou goete in die son wil los kry vir jou "amber" glas botteltjies dit help maar ek sal nie aanraai dat jy dit doen nie, as my tempo baie opneem en ek wil nie my battle boks gebruik nie en dis kook punt buite gooi ek somer my bomdip bottels in my water emmer (maak net seker jou nommer stickers is waterdig) , wat floaties aanbetref baie keer as fabrikante floaties maak skud hulle dit in vla poeier en dit kan dan maak dat dit chip , beste is koop plain floaties en geur dit self..so doende het jy altyd vars floaties(onthou dis jou laaste skoot wat jy het om die vis tehak, daai floatie) dis maar my mening hoop dit help.

dips gaan maar af ek gebruik meestal gekleurde bomdip bottels dit help nogal om die geur intehou myne al 6jaar oud maar n harder plastic as mestal ander en ek het die kop bo op die bottel met b belt sander plat geskuur so die pull cap draai presies en netjies styf vas , van my incase dips hou al meer as 4 jaar so ...
 

Johan9255

Member
hi, ek het nou weer n nuwe fx gekoop vrydag een met geel en rooi proppie, plastic bottel. Dankie vir al die raad ek waardeur_seal1_
 
Top