Dinge wat ek anders gaan doen of probeer

Brakkanjan

Senior Member
  1. Tussen die 2 stokke, ten minste 1 pit ophou[/*]
  2. Social hengel gaan ek een stok vir baber ingooi, wil my PB baber vang hierdie komende lente[/*]
  3. Meer klub-comps bywoon, afhangende van die komende Krieket Seisoen, Sommer meer hengel oor die algemeen.[/*]
  4. Bietjie Stuttafords meer probeer as dip, saam met hasbeen of banjo.[/*]
  5. Meer heuning bruinbrood-backing probeer in Comps[/*]
  6. Meer kere oorslaap vir ten minste 1 aand, in plaas van net 8 ure of 'n oggend.
[/*]
Sal maar sien of ek dit kan doen, as mens soms langs die water is doen jy weer heeltemal die omgekeerde ;)
 

Brakkanjan

Senior Member
Yes Naruto, miskien moet ek en jy een naweek min toerusting neem, baie vleis en hout en net Baber teiken ?

Ek het 2 pinkies, een groot Shad-Kop en so paar vars sardiens saamgebring ;)

Ek gaan ook my kas heeltemal oordoen binne, selde botteltjies ens soos Rampokker gese en gewys het.
 

Bruggie

Sealiner
Ek dink dit sal n jol wees as ons n paar ouens gaan net vir baber hengel....

Brak, ek wil def ook meer hengel en nog by n club aansluit in die volgende hengel seisoen!
 

Brakkanjan

Senior Member
Naruto, in my kop het Tago vasgesteek vir baber. In die tydskrifte het daardie oord al pics van helse babers gehad.

Ek sal julle manne laat weet, ek moet die dagboek net mooi dophou ::S
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek dink ook dat Koppies dam natuurlik nie onderskat moet word met sy babers nie

Ons sal weer gesels ou maat ::happyd:

Ek sal kyk of ek die oubaas kan saambring, hy kan babers roer ;)
 

PI

Senior Member
Ek wil graag die volgende try:
1. Meer wurms gebruik
2. Kyk as ek daai gooi stroppe (boer stroppe) kan uit figure(het nie baie sukses met hulle nie)
3. Socials gaan ek meer die pap spesie kombinasie gooi.Kyk as ek nie n 5kg gehak kan kry nie.

PI
 

LeonK

Member
koos goed om te sien jy lewe nog.

ja ek het self n paar dik planne vir die nuwe seisoen. aangesien ek van augustus af 4 tot 5 keer n maand gaan hengel tot einde oktober, gaan daar min tyd wees vir social.
my planne gaan baie motivering insluit en dan sondae saam met familie te spandeer. poeksie se kuite is klaar so bietjie opgeblaas nadat sy my jaarprogram gesien het...LOL! lyk kompleet of sy dikbekpille gedrink het sodra ek net hengel noem.

dan wil ek erdwurms eerder vroeer as later in my aanval inbring. laasjaar en die jaar het ek so bietjie opgeslip.
nog n ding is beplanning en taktiek langs die water tydens n sessie. ek wil nie na die tyd wonder of iets sou gewerk het nie, ek wil dit probeer. so kan ek nie kwaad wees vir myself as ek na die tyd sou uitvind dat ek die plan gehad het maar nooit uitgevoer het nie.
wat baie belangrik is vir my is om ons reeds suksesvolle klub nog beter en groter te maak. dus gaan ek fokus op groei en soveel moontlik nuwe lede inbring. fokus moet veral gegee word aan juniors en seniors vir ontwikkeling.

as dinge begin rustig raak gaan ek ook verseker n bietjie die babers teiken. in die koepel swem daar n paar vettetjies rond met my naam op.
 

swthomas

New member
at my last comp at tago in march2011.....the biggest barble for the weekend was 15kg.....caught in the far left hand bay
 

JakkieLouw

New member
Brakkenjan: 1 Stok Baber en 2de stok karp. Aas vir Barber werk gewone tuinslakke die beste - kry dit vars en trek hom met hoek uit skulp (ten minste 3 slakke per hoek). Hierdie aas is die beste vir Barber - het voorheen altyd goed gevang. groete. Jakkie.
 
Top