koos goed om te sien jy lewe nog.
ja ek het self n paar dik planne vir die nuwe seisoen. aangesien ek van augustus af 4 tot 5 keer n maand gaan hengel tot einde oktober, gaan daar min tyd wees vir social.
my planne gaan baie motivering insluit en dan sondae saam met familie te spandeer. poeksie se kuite is klaar so bietjie opgeblaas nadat sy my jaarprogram gesien het...LOL! lyk kompleet of sy dikbekpille gedrink het sodra ek net hengel noem.
dan wil ek erdwurms eerder vroeer as later in my aanval inbring. laasjaar en die jaar het ek so bietjie opgeslip.
nog n ding is beplanning en taktiek langs die water tydens n sessie. ek wil nie na die tyd wonder of iets sou gewerk het nie, ek wil dit probeer. so kan ek nie kwaad wees vir myself as ek na die tyd sou uitvind dat ek die plan gehad het maar nooit uitgevoer het nie.
wat baie belangrik is vir my is om ons reeds suksesvolle klub nog beter en groter te maak. dus gaan ek fokus op groei en soveel moontlik nuwe lede inbring. fokus moet veral gegee word aan juniors en seniors vir ontwikkeling.
as dinge begin rustig raak gaan ek ook verseker n bietjie die babers teiken. in die koepel swem daar n paar vettetjies rond met my naam op.