Ek is nuut op die blok en gaan volgende week Dimalachite toe saam die familie om te kamp en natuurlik vis te vang. Ek hoor dit is die spot wat baie ouens van praat. Groot vis het al uitgekom. My swaer het alles moontlik wat jy aan kan dink wat dips en boilies en tigernuts en en en. 4 Bokse vol om presies te wees.
Die groot vraag is nie wat jy alles het nie maar wat om reg te kombineer vir die visse om dit te vat. Sekere ouens praat van krapvleis. Ek klink dalk nou dom maar kan ek sommer van die crab sticks gebruik wat jy in die winkel koop. Ek het nog nie baie vis in my lewe gevang nie maar geniet elke oomblik langs die water en probeer maar om my manier die visse vang.
My grootste een was om en by 'n 10kg plus by Transmagalies so 2 jaar terug. Het hom mooi tot teen die kant gebring en toe vrygelaar omdat ek nie 'n landing mat of iets gehad het om hom uit te haal nie. My ander swaer so die goed gebring het...
Soos ek gese het is dat my swaer alles het. ons gaan saam met ons eie stokke. Hy voorsien die res. Ons target geelvis en karp vir die trippie. ons gaan ook as voerplek een van daai wildsblokke insit? Goeie of slegte idee? Ek moet darem net vir myself so een of twee aasies gaan aanskaf vir my eie boksie... Enige raad op die beste geure om te vat? Almond hoor ek is baie gewild?
Kan 'n mens ook met boilies vang in die rivier?
Jammer vir al die baie vrae maar wie nie vra nie sal nie weet nie...

Stywe Lyne!!!