Dimalachite

Wall E

New member
Ek is nuut op die blok en gaan volgende week Dimalachite toe saam die familie om te kamp en natuurlik vis te vang. Ek hoor dit is die spot wat baie ouens van praat. Groot vis het al uitgekom. My swaer het alles moontlik wat jy aan kan dink wat dips en boilies en tigernuts en en en. 4 Bokse vol om presies te wees.

Die groot vraag is nie wat jy alles het nie maar wat om reg te kombineer vir die visse om dit te vat. Sekere ouens praat van krapvleis. Ek klink dalk nou dom maar kan ek sommer van die crab sticks gebruik wat jy in die winkel koop. Ek het nog nie baie vis in my lewe gevang nie maar geniet elke oomblik langs die water en probeer maar om my manier die visse vang.

My grootste een was om en by 'n 10kg plus by Transmagalies so 2 jaar terug. Het hom mooi tot teen die kant gebring en toe vrygelaar omdat ek nie 'n landing mat of iets gehad het om hom uit te haal nie. My ander swaer so die goed gebring het...

Soos ek gese het is dat my swaer alles het. ons gaan saam met ons eie stokke. Hy voorsien die res. Ons target geelvis en karp vir die trippie. ons gaan ook as voerplek een van daai wildsblokke insit? Goeie of slegte idee? Ek moet darem net vir myself so een of twee aasies gaan aanskaf vir my eie boksie... Enige raad op die beste geure om te vat? Almond hoor ek is baie gewild?

Kan 'n mens ook met boilies vang in die rivier?

Jammer vir al die baie vrae maar wie nie vra nie sal nie weet nie...

:fswim

Stywe Lyne!!!
 

Wall E

New member
Wel aangesien niemand reply nie sit ek maar die volgende op. Die tyd van die jaar werk die almond mielies met 'n almond floatie en Almond "S" bol dip die beste. Laat aand en vroeg oggend by die grootes. Gebruik die regte en goeie stroppe. Spandeer geld op goeie hoeke en sinkers en lyn! Jy sit baie vas en dit veroorsaak dat visse wegkom. Ons het 10 karpe in 2 dae gevang met die kleinste 3.8kg en die grootste 7.5 kg.
 

Attachments

  • DSC_0144.jpg
    DSC_0144.jpg
    30.5 KB · Views: 108

LeonK

Member
Wall E
baie mooi vis daai
om eerlik te wees is ek nie n groot fan van daai plek nie want ek glo mense word uitgebyt wat die pryse aanbetref. ek is wel mal oor die vaalrivier aangesien ek in parys grootgeword het en die rivier elke dag tot my beskikking gehad het.
watse metode het julle gehengel?
het julle net vir karp gehengel?
my pb baber het ek bietjie verder af in die rivier gevang en so ook my pb grootbek gele.
se as jy weer gaan dan kan ek jou so bietjie raad gee oor daai deel van die rivier.

ps. een van die ou oorde maak binnekort weer oop. sal laat weet as hulle reg is.
 

Wall E

New member
Rampokker my maat... ons het maar op die konvensionele metode gehengel. wou 'n paar geelvisse ook vang maar ek dink die groot uitdaging was die karpies. ek het ondervind dat hulle wel bietjie lekker stoei, maar nie vir lank nie.

Oor dimalachite het ek nie klagtes nie en voel dit is bilik vir wat ons kry. Ek en my vrou hou daarvan om te kamp en sal wel betaal as die geriewe reg is. die afgelope lang naweek het ons nie een keer gewwag vir 'n badkamer nie en hulle kon in al ons behoeftes voorsien. Ook hoekom ek hoe van die plek is die geriewe vir die dames terwyl die mans visvang. Sy wil nooit saam gaan nie want daar is nie altyd goeie toilet geriewe nie en ek moet se met die baie vis wat ons gevang het, was dit vir hulle darem ook lekker. ek sal haar byvoorbeeld nie na noordlikes se hengel gronde by roodeplaat vat nie.

ek en my swaer wil nou meerhof toe gaan. ek hoor die ouens het al bietjie sukses daar gehad. n mens se altyd dat die gogga jou byt maar ek dink die vis het my gebyt en nou wil ek bietjie meer begin vang. ek het stokke en toerusting by my swaer geleen wat glo in net die beste. Een van die redes ook hoekom ons so lekker gevang het... hy het 4 x visbokse vol goed.. van fox tot gardener tot die local goedkoop stroppie. elke dip wat jy aan kan dink. Gaan 'n paar jaar vat om als te kry maar tot tyd en wyl vang ek en hy maar lekker saam.

Laat weet asb van die ander oord. ek moet se ek hou van daardie gedeelte van die land. regtig mooi!

Groete
 

LeonK

Member
ja nee dis mooi wereld daai.

onthou net dat jy nie 4 bokse vol dips nodig het om vis te vang nie. doen n bietjie n search op die forums dan sal jy agterkom wat jou basic geure en ase is. skaf dan vir jou daai dips aan. heel in die begin het ek ook al wat n dip was gekoop net om n jaar daarna agter te kom dat die dip my gevang het ipv vis. ek het hier by die 200 dips gehad en dink net hoe baie geld het ek gemors.

vra die manne hier as jy nie seker is oor wat om aan te skaf nie.
 

Wall E

New member
ek stem heeltemal saam. mens het nie so baie dips nodig nie. my swaer glo net daaraan dat as jy dalk by 'n plek kom wat dalk op iets snaaks vang het jy dit wel in jou kas.

Ek hoor nou net by hom dat IFAFI glo lekker visse uithaal. nie so crowded soos meeerhof en ook bietjie goedkoper. maar geen geriewe. Het julle manne al daar gevang?
 

LeonK

Member
as jy vir n dag wil gaan hengel, probeer oberon. dis n bietjie duurder maar daar kom baie mooi vis uit.

gaan sit heel links verby die cabins.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek het oorspronklik in die rivier geleer hengel, Geure wat altyd deurkom is almond, tac, honey, FX. Ek gebruik ook nogsteeds heuning en eier bruinbrood met vla-poeier en moet nie wurms vergeet nie.

Daai is 'n pragtige vis wat jy gevang het, Rampokker jy is reg. Die vis in die rivier veg net anders. Eenkeer het 'n Baber my voorslag van .50 mm morsaf gebreek (Nie by die knoop, lyn self).

Ek myself trek nog in die 20 of 30 dips wat ek nog minder wil maak. Die vis byt aan die aas en nie die dip nie::S
 
Top