Degie

Brakkanjan

Senior Member
Degie wat vir my ook goed werk is om 'n gewone koekmeel- degie te maak en so klein snytjie ui by te gooi in die sakkie, dag voor jy dam toe gaan. Daai degie loop oop kole!
 

Naruto

Sealiner
Ek vat n paar stukkies ui en gooi paar lepels suiker oor in n botteltjie. Sit in microwave tot al die suiker opgelos is in filtreer uie stukkies uit. Dan het jy n lekker uie dip.

Dankie vir die degie met n ui skuif tip. Sal dit volgende week probeer.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek het al 'n ou gesien by die vaaldam wat sy supercast voer aanmaak en dan met en rasper stkkies fyn ui inwerk. Die wind het liggies gewaai en dit was redelik warm. Die ou het 'n goeie sak vis vir die dag gevang.
 

Brakkanjan

Senior Member
Naruto, ek het al lekker in die vaal gehengel met 'n custard-pappie saam met 'n floatie, nou dat ek sit en dink.Ook 'n amandel degie met klein bietjie egg yellow. Jy moet ook 'n ertie haak met deeg backing en onthou gerus donker soet, rooi geure soos ebony , strawberry en musk. In 'n sessie so rukkie terug by Kruger-Plaas het die ouens langs ons gestamp op 'n gewone soet wit deeg bo, soet wit degie onder met plain floatie. BG en Honey Glow op die bol (baie konsentraat).Supercast het 'n geur : Carp Cream, ek het al baie vis met daardie geur in die vaal aangekeer saam met scopex op die bol. Ek is nie seker hoe ver Cilliers van Kruger - Plaas af is nie.
 

papgooier776

New member
Die deegie is net vir wanner die vis goed byt en jy die tempo nog bietjie vinniger wil maak.Ek moet ook by voeg dat die deegie baie gou af gaan in warm weer.Gebruik gewone koekmeel soos normaal voeg nou twee teelepels bakpoeier by,gebruik nou die wit van twee eiers(slegs die wit) en klits goed deurmekaar.vat nou bietjie suiker en los dit op in warm water, voeg dan die suikermengels by die deeg en begin dit knie(is nogals morserig)gooi nou koekmeel by tot die deeg die tekstuur het waarna jy verlang.die bakpoeier maak dat die deegie lekker lig is en float mooi bokant die bodem.soos ek in die begin gese het die deegie raak gou sleg maar hy werk soos 'n bom
 
Top