Naruto, ek het al lekker in die vaal gehengel met 'n custard-pappie saam met 'n floatie, nou dat ek sit en dink.Ook 'n amandel degie met klein bietjie egg yellow. Jy moet ook 'n ertie haak met deeg backing en onthou gerus donker soet, rooi geure soos ebony , strawberry en musk. In 'n sessie so rukkie terug by Kruger-Plaas het die ouens langs ons gestamp op 'n gewone soet wit deeg bo, soet wit degie onder met plain floatie. BG en Honey Glow op die bol (baie konsentraat).Supercast het 'n geur : Carp Cream, ek het al baie vis met daardie geur in die vaal aangekeer saam met scopex op die bol. Ek is nie seker hoe ver Cilliers van Kruger - Plaas af is nie.