Degie

Goonch

Member
Hi almal hoe gaan dit? Ek wou maar net weet wat sal jul verkies om jul wit deggie mee te maak semolina of gewone koek meel?:wfish
 

Duanejc

Senior Member
Probeer altwee en sien watter een vir jou die beste werk. Op die ou end gaan dit oor die vertroue wat jy het in dit wat jy gebruik. Ek het al baie gooie dinge gehoor van die semolina deggie, maar nog nie self ge try nie. Sodra ek weer is SA n draai maak is dit die eerste ding wat ek gaan probeer.
 

Naruto

Sealiner
Ek hou maar van n gewone SWD. Ek gebruik wel albei tipes, so kyk maar wat werk vir jou.

Maar n bruinbrood degie werk soms die beste vir my.
 

Klokkies

New member
Naruto
Die bruinbrood degie is dit maar soos die gewone bruin brood pappie of meng jy bruin brood met deeg, jammer as dit n dom vraag is maar ek wil altyd nuwe goed probeer.
 

Naruto

Sealiner
Jammer, ek het bedoel n pappie, nie n degie nie. Ek brei maar net n sny bruinbrood saam n bietjie molasse of stroop of fx.
 

debbie

New member
ek het ook geleer dat jy i gewone bruin brood pappie maak met 2 eiers en i teelepel vanilla en meng dit goed, jy kan ook die deegie aan maak met daM WATER WAAR JY GAAN HENGEL HULLE SE DIT WERK DIE BESTE KAN IEMAND MY SE OF DIT SO IS
 

AMG1

Senior Member
Ek verkies die gewone koekmeel degie.

Debbie ek het dit al proebeer maar ek kan rerig nie vir jou se of dit vir my meer vis gebring het nie. Ek verkies om my deeg so 2 dae vroeer te maak en dan dit in die yskas te los. Vir my werk die deeg dan better.....
 

Brakkanjan

Senior Member
Semolina is baas. Sit vir my beter op die hoek as gewone koekmeel.Gebruik die semolina net so met water, geen suiker nie of gooi klein bietjie egg-yellow en almond by (Vaaldam).

Kan ook natuurlik 'n great backing maak met gummy-mix. Die outjie sit op 'n hoek.
 

Gertus

Senior Member
use bout 2 parts semolina 8 parts flour... and sprite to mix... werk soos n BOMB!!!!
tip.. los eers die semolina in die srite op dan add jou koekmeel... die deegie is taaier as varksnot maar handle soos play dough..
Use it .. dont loose it.. ;-)
 

Brakkanjan

Senior Member
Gaan hom verseker probeer Gertus. Wil in die volgende 2 weke Tago toe gaan. Net moeilik met die weer nou. Dankie vir resep!
 

vinkie

New member
Ek hou van gewone wit koekmeel deegie wat ek daar by die water maak met dam water, werk die beste vir my
 

Naruto

Sealiner
Ek het die naweek weer sukses met n plain wit degie en n plain semolina degie gehad. Niks suiker of geursel. Die geelvis het begin pla op die gewone degie, toe slaan ek oor na semolina. het 24 vis gevang in 8 ure waarvan 3 undersize geles en een graskarp het baberkos geword.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek het eenkeer by die Vaal gehengel , maar geblank en niks gevang nie. Ou Toppie langs my maak my skoon skaam soos die karpe inkom. Hy het my van sy aas gegee en toe begin ek ook byte kry. Hy deel my mee dat hy klein bietjie suiker, klein bietjie egg yellow met koekmeel meng. In plaas van water gebuik hy glyserine. Of hy gelieg het sal ek nou nie weet nie maar dit het gewerk ;)
 

Jake the Snake

New member
Manne. Enige SWD werk. Of dit nou by die dam gemaak word of twee dae voor die tyd, maak nie saak nie. `n Mens kan hom mos ma net laat staan in die Cooler as jy wil. LOL
Het al baie variasies probeer  soos, SWD met Green Floro, rooi floro, Garlic, Vanilla, en en en....SWD is maar die. Palin Deggie is net so goed.


Het nog self nie semolina probeer nie maar het gehoor (en gelees) dat hy net so goed werk.


Gertus, ek sal die semolina resep probeer. Altyd goed om nuwe dinge te probeer.
 
Top