Biggest galjoen of the season

SPARRABOS

Sealiner
Lol..... Galjoen mag men's nie verkoop... Tog is daar nog Swartmark transaksies.. Soos pieter pieterse gese het Dan vergeet die ou in die bar sy pyp by die huis.... Self vang maar AL uitweg... Of om by iemand te gaan braai... AL galjoen wat as persent gegee word is n maar galjoen... Lololo... Ons gee net vir die ou mense n vissie wat nie Meer self kan hengel nie..
 

SPARRABOS

Sealiner
Oom vra my nou aand ek moet hom net so Google mappie stuur van n plek wat hy gaan vis vir eerste keer in sy lewe daar in tsitsikamma... Net sodat hy weet waar om te gooi... Share ek maar met hom.... Hys nou n yster.... Going on 70 en loop Baie Jong ouens moertoe langs see.... Sommer eerste 2 gooie 2 prag visse... Bosaas... (ni(ce(fish)(
 

Attachments

  • IMG-20210507-WA0077.jpg
    IMG-20210507-WA0077.jpg
    63.8 KB · Views: 371

Fly-aholic

New member
Sparra, wat se trace combinasie gebruik julle op die rotse. Die manne wat weet hier in die Kaap hengel fixed trace met circles.
Ek is van die Oos Kaap en ek het maar altyd J hooks en sliding trace gebruik met langer sinker lyn vir die vassit en afbreek.
Ek hengel nou circles en ek sukkel my gat af om vis te haak.

Ek eet nie vis nie, so wil aangaan met circles hengel om vry te laat.

Ja, die vis is kleiner hier baie kleiner, maar die manne haak nog steeds die kleiner vis.
Rean en die manne het my al goeie raad gegee, maar hel ek sukkel. Hier in die Kaap, gooi die manne ook in en sit meeste van die kere hulle stokke in die holder. Ek hengel nie so nie en het heeltyd me stok in my hand. Ek will voel wanneer die water my begin vas spoel.
 

Fly-aholic

New member
SPARRABOS wrote:
J hoeke;)sirkels maak my ook deurmekaar... Lol....

Dankie ou maat. Ja ek stem, met stok in hand en fixed trace moet daai klein galjoen hier sy gat af trek om jou stok te laat beweeg.

My vraag is net met die klein galjoen hier en fixed trace, hoe weet jy wanneer om in te katrol. Dit klink baie stupid, maar in die Baai as daai galjoen jou vat dan sak hy jou stok. Hier met fixed trace roer daai klein galjoen nie eers jou stok nie. Wat nog te se jou plat trek.

Maar, ek moet leer hoe om dit te doen, want manne soos Rean, Wickus en Clayton vang gereeld Glajoen. Ek dink van die byte wat die manne kry is dit net die groter galjoene wat gevang word.
 

Fly-aholic

New member
SPARRABOS wrote:
J hoeke;)sirkels maak my ook deurmekaar... Lol....

Kyk Sparra, vir kabeljou, spotted gullies, steenbras, haaie is dit fantasties, my hookup rate het baie verbeter met circles.
Maar vir die klein gallies, ek weet nie so mooi nie. Die groter galjoene kom deur later die seisoen, miskien dan gaan circles beter werk.
 

SPARRABOS

Sealiner
Ons vis maar hier in leeu wereld. Kranse. Klippe wat soos lemme is. Growwe plekke..skurwe plekke..groot gevaarlike see..as jy in val is dit tiekie toe...Galjoene en stomp koppe... Old school Manne wat nog koppe klim op 60 en jou agter Los. Wat nog 30 en 40 kg sakke op rug dra..kleinste hoek in jou sak is n 4.0...n hoekstrop word nog n snoer genoem... Lol...ons Ken nie finesse fishing nie.... Ek vis maar so in ons wereld
... Ook as ek meulefontein en ystervarkfontein en blombos toe gaan... Maar niks fout om by die nuwe generasie hengelaars te leer.... Daar moet vooruit gang ook wees... Ons maar ver agter... Lol... Soos ou wat nog jag met n voorlaaier en n Damascus loop soos jopie Adam... Lol
 

dabeegone

New member
Was my last throw of the afternoon, had a small piece of bloodworm to which i added two sand prawn...even i was impressed:)..Aimed for a rock and actually hit it. As the sinker dropped, this bus hit, and hard. Managed to win first prize that day
 

Attachments

  • 20200919_213300.jpg
    20200919_213300.jpg
    53.8 KB · Views: 277
Top