Sparra, wat se trace combinasie gebruik julle op die rotse. Die manne wat weet hier in die Kaap hengel fixed trace met circles.
Ek is van die Oos Kaap en ek het maar altyd J hooks en sliding trace gebruik met langer sinker lyn vir die vassit en afbreek.
Ek hengel nou circles en ek sukkel my gat af om vis te haak.
Ek eet nie vis nie, so wil aangaan met circles hengel om vry te laat.
Ja, die vis is kleiner hier baie kleiner, maar die manne haak nog steeds die kleiner vis.
Rean en die manne het my al goeie raad gegee, maar hel ek sukkel. Hier in die Kaap, gooi die manne ook in en sit meeste van die kere hulle stokke in die holder. Ek hengel nie so nie en het heeltyd me stok in my hand. Ek will voel wanneer die water my begin vas spoel.