***Galjoen***
Sealiner
Reg manne, hier gaan ons alweer!!! Die naweek wat amper verby is, het ek 'n galjoen kompetisie gehou tussen my vriende en nog so paar manne van sealine. Ons was altesaam 19 ouens wat ingeskryf het en die kompetiesie het gestrek vanaf Bettiesbaai tot en met Strandfontein.
Die grootste galjoen het weg gestap met die eerste prys, nl. die "pool" geld van al die inskrywings (R50 pp x19 = R950.00). Hengel was vanaf 18h00 tot en met 17h00.
Die manne wat belangstel om in die volgende kompetiesie deel te neem, kan my gerus pm, dan kan ons gesels.
Weereens, baie dankie aan almal wat deelgeneem het om die dag 'n sukses te maak.
Stats vir die dag:
15 Galjoene is geweeg vir die dag
Swaarste galjoen = 1.79 kg
Gemiddelde gewig per galjoen = 1.22kg
Kleinste Galjoen = 0.86 kg
Wen vis is gevang by Macassar
Reg, nou vir so paar foto's!!!