[b][color=#0000ff][size=3][/size][/color][/b]&nbsp

 

Reg manne, hier gaan ons alweer!!! Die naweek wat amper verby is, het ek 'n galjoen kompetisie gehou tussen my vriende en nog so paar manne van sealine. Ons was altesaam 19 ouens wat ingeskryf het en die kompetiesie het gestrek vanaf Bettiesbaai tot en met Strandfontein.

Die grootste galjoen het weg gestap met die eerste prys, nl. die "pool" geld van al die inskrywings (R50 pp x19 = R950.00). Hengel was vanaf 18h00 tot en met 17h00.

Die manne wat belangstel om in die volgende kompetiesie deel te neem, kan my gerus pm, dan kan ons gesels.

Weereens, baie dankie aan almal wat deelgeneem het om die dag 'n sukses te maak.

Stats vir die dag:

15 Galjoene is geweeg vir die dag

Swaarste galjoen = 1.79 kg

Gemiddelde gewig per galjoen = 1.22kg

Kleinste Galjoen = 0.86 kg

Wen vis is gevang by Macassar

 

Reg, nou vir so paar foto's!!!

 
 
Pieter met sy wen vis!!!! Die vis is gevang op 'n 12vt karpstok en koffiemaaler en Pieter se geheime asie!!!
 

Attachments

  • SDC13215.JPG
    SDC13215.JPG
    37.4 KB · Views: 672
Top