Yis kerels die idee was nie om julle moer te koer nie.
Ek het wel een aand n program gekyk waar hulle die karpe jag in sekere areas omdat hulle die waterkwaliteit verander en die helder water modderig maak.
Maar ja ek het die laaste video opgesit, om te wys hoe pateties die spul is omdat hulle n 20kg plus karp skiet (omdat ek kan), net om hom weg te gooi in n asblik.
Ek het geen probleem met iemand wat vis (binne perke) doodmaak nie. Maar elke liewe karp of baber wat ek al bokveld toe gestuur het was om te gebruik vir aas, of om te eet of is gegee vir iemand wat dit graag wil eet.
Sinnelose vrekmaak is pure verwaandheid. Ek sal wel n bass wat ek in die vaal vang nekomdraai, maar dis om geelvis te bewaar en selfs dan sal die bass se kop water toe gaan en sy lyf na iemand wat dit wil eet.