As die karp nie na jou toe wil kom nie.... gaan soek hulle

wykie

Senior Member
dis nou vir jou F&#KKEN STUPID
EK SAL LIKE OM DAAI OU TE SKIET MET DAAI DING EN EK DINK JULLE ALMAL WAAR
 

Vleipadda

Senior Member
Tipies van die mensdom rooi uit tot daar niks is dan wil hulle kla oor die probleme wat dit veroorsaak net 'n idioot wat sulke dinge sal doen
 

patrys

Senior Member
ek ken glad nie hierdie faset van hengel nie. of dit see of varswater is.wat is die afstand wat die persoon van die vis af moet wees. wat is die grote van die vis geskiet. dis die eerste keer 3wat ek sien hoe dit gebeur. gestel dit was nou see vis. sou die reaksie dieselfde gewees het. moet se die musiek het my meer as die vis geirriteer. vra maar net.
 

Vleipadda

Senior Member
Patrys , persoonlik vang ek catch en release in die see ook . Al is dit baie min wat ek in die see vang (my poep knie maak dit moeilik om die rotse te beklim) sal ek n vis wat size is vir die pan vat die res gaan terug . Wat daar in die video gebeur is niks minder as 'n onnodige slagting nie , jy vang tog nie vis en gooi dit weg nie selfs nie by die see nie .
Indien dit vir die pot is kan mens ook net soveel vat .

Neem die Boesmans as voorbeeld jare terug het hulle saam met die natuur gelewe nie daarteen nie en slegs soveel geneem as wat daar benodig word , maar ons westerse mense wil mos "rape en escape"
 

Vleipadda

Senior Member
Ek weet jy's op die sealine team maar dis regtig nie nodig om ons so te treiter met die onodige videos van slagting nie
 

swartman

New member
Spearfishing is nog net die punt van die ysberg!!!
Het julle gesien wat daai yanks met n boog doen. Hulle gaan in die aand uit met n boot vol ligte en skiet alles wat voorkom.
Karp, Bass en aligator garr (wat redelik skaars is soos ek verstaan).
Dit is pateties.
 

Flashback

Senior Member
Vleipadda wrote:
Ek weet jy's op die sealine team maar dis regtig nie nodig om ons so te treiter met die onodige videos van slagting nie
Ja ek stem saam eks besig om regtig die M........R in te raak as ek sien hoe daai idiote aan gaan, ma wag die wiel draai as jy sulke dinge doen gaan iets oor jou pad kom!!!:X:swear:X:swear:ssswim:::balance::uzi:uzi
 

Marthin

Sealiner
Yis kerels die idee was nie om julle moer te koer nie.

Ek het wel een aand n program gekyk waar hulle die karpe jag in sekere areas omdat hulle die waterkwaliteit verander en die helder water modderig maak.

Maar ja ek het die laaste video opgesit, om te wys hoe pateties die spul is omdat hulle n 20kg plus karp skiet (omdat ek kan), net om hom weg te gooi in n asblik.

Ek het geen probleem met iemand wat vis (binne perke) doodmaak nie. Maar elke liewe karp of baber wat ek al bokveld toe gestuur het was om te gebruik vir aas, of om te eet of is gegee vir iemand wat dit graag wil eet.

Sinnelose vrekmaak is pure verwaandheid. Ek sal wel n bass wat ek in die vaal vang nekomdraai, maar dis om geelvis te bewaar en selfs dan sal die bass se kop water toe gaan en sy lyf na iemand wat dit wil eet.
 

Flashback

Senior Member
Jes Marthin

Ja jy het die manne warm hoor!! Ma darm nie ver jou nie Lol!!
Ja ek stem met jou saam, daai vis kon ver behoeftige mense gegee geword het !!
Maar ek dink dis goed dat ons dit gesien het, ek persoonlik voel nou nog sterker oor my veilige vis hantering!!

Ja mens sal maar altyd die tiepe mense kry wat geen respek het vir die skepping nie maar hul sal die pys een of ander tyd betaal!!
 

Freaky Frikkie

New member
Nee wat al oes mens vis om oorpopulasie, of watter ander rede ook te voorkom, dan is dit nie nodig om dit so te doen nie. Dis weereens waar daai ou woordjie etiek inkom.
Waneer n dier of vis of voel ge oes word is een van die doelwitte juis om dit so vinnig en pynloos moontlik te doen.
Maar nou ja mens kan sien hoeveel respek iemand vir hom self het in hoe hy so iets doen.::cavmn
 

braailegend

Senior Member
Die uitroei van uitneemse spesie kan ek verstaan, as dit die inheemse spesie in gevaar stel.. maar om die visse telaat ly, soos wat hul dit doen is vekeerd. As port jacksons af kap miskien soveel fun was sou dit vekeerd wees? haha
 
Top