middag manne.
saterdag oggend 6:30 is my boot gepomp, my stokkies met verskillende lures op, reg vir bass, en my vliegstok reg vir n karp! of so het ek gedink...
het n paar gooie gemaak vir bass, maar toe die karp rondom my begin babbels hap het ek maar die bass stokke neergesit en gefokus op die karp. kom toe by n riet bos uit waar 4 karps besig is om kop na bo by die riete te eet... met n gesukkel om die bootjie naby genoeg te kry SONDER om te raas was klaar n effort wat n medalje verdien. wel daar le ek tjoopstil, karp reg voor my...my rooi wol wurpie val tussen hulle maar hul trek hul neuse op en vreet verder...sit toe n mielie pit immitation op...die vliegie val perfek lanks n karp van so 3kg...en WHAP fish on! my stok buig, my katrol skree WHAM fish OFF!!!! ^%$^&* waarom waarsku niemand my dat n karp 2m van jou af jou lyn gaan snap binne 2sekondes nie!!!!! so dit was duidelik dat my 3.7kg leader baie te lig in die broek was vir die karp tussen die riete!
het nou n 10kg florocarbon leader op, dink dis oordrewe maar wil nie weer n hookup verloor nie!
volgende week die tyd sal ek fotos post van die "Carp that did not get away"
stywe lyne ouens!