Art lure is effective!!!

Ryan

Sealiner
Congrats bru now time for the artlure bug to bite hard......

Sealine is very proud of you now........
 

bekkerian

Senior Member
thanks Monster and Ryan...

so about the flyrod and 10kg florocarbon...do you think its too much?why doesnt the carp take the fly?they are eating and swims up to the fly...but then just ignore it?!

next mission a desent mnr whiskars on loodkoppie(just seems imposible)

 
 

kitefisher

Sealiner
Bekkerjan,baie geluk ,hulle noem nie verniet n karp "the poor man"s Bonefish" nie,geen verwysing na enigeen se finansiele status nie.Dis net omdat hulle ook so damn elusive is, sommige dae ,veral op vlieg.Probeer gerus patrone soos die black woolly worm,of probeer vasstel waaraan hulle suig op die oppervlak.Soms is dit ook futiel want dit lyk of hulle aan iets onsigbaar suig.

Moet ook nie skroom om twee vliegies aantesit nie met die agterste een n sinking of intermediate ene,en naaste aan die stok n floating.Ek verstaan jou rede vir die Fluoro ,maar 10 kg is dalk n bietjie te veel,skaal so 50% af en kyk dan wat gebeur.

Dis soms beter om so een of twee te verloor in die riete ,as wat dit is om geen pick-up te kry nie.

waarskuwing;DIS VERSLAWEND
 

bekkerian

Senior Member
wow thanks Kitefisher!

ja nee ek is oortuig daai 10kg floro is oordrewe! het saterdag weer gaan vang(probeer vang) maar ek sweer ek kon sien hoe die karp vir my lag, hul swem op na my vliegie/wurmpie en dan kom daar sulke borrels by hulle bekke uit soos hul lag! hehe

dankie vir die raak oor 2 vliegies, sal dit probeer! is die 2 vliee so 30cm uitmekaar uit?

ek dink net nie my 5wt stok gaan n 5kg karp uit die riete / boom takke hou nie!! ^^..

en jys reg! eks klaar verslaaf!!!!
 

kitefisher

Sealiner
BekkerIan, 30 cm is goed ,en as ek kan raad gee gebruik liefs n 6-7-weight of selfs 8 weight naby die riete.met n 6/7 sal jy steeds dieselfde katrol en lyn  kan gebruik,.Alhoewel nie ideaal nie kan jy die ligter lyn met dit gooi,soos jy seker al gesien het is afstand nie altyd krities nie. Dit sal jou egter so n bietjie meer pulling power gee.Wat ek al ondervind het is dat n karp nie sommer n vliegie vat wat nie in dieselfde rigting as hy-self beweeg nie .Met ander woorde,bly voor n swemmende karp gooi en hou die vliegie in sy sig-veld,omtrent so 5cm voor hom ,Soms neem instink  oor en sal hy die vlieg meer geredelik vat.

Daar is nie regtig een spesifieke vlieg vir karpe nie,ek het hulle al gevang met n bloodworm-vlieg op n dag wat hulle absoluut niks anders wou vat nie.n Bloodworm moet sekerlik die "verveligste" vlieg in die wereld wees.(flippen stukkie rooi wol as jy my vra).  Maar karp het nie n baas nie soms vat hulle vlieg en soms kan jy die vlieg in sy bek inwens ,en selfs dan spoeg hy hom weer uit voordat jy iets kan doen.DDD's het al gewerk en menigte dry-flies wat anyway stadig sink sodra die goed nat word ,swart is altyd n goeie kleur en die kenners beweer altyd dat hoe meer skugter die vis is., hoe minder hare/vere moet jou vlieg hê.

Die TVN-vlieg wat alombekend is as die beste geel-vis vlieg het self al n paar geland.Min goed vergelyk met die jag van karp op vlieg ,veral as jy sight-casting doen is dit nogal iets soos bok-koors wat jou beetpak.

Geniet dit en moenie bang wees om te eksperimenteer nie,as dit nie daarvoor was nie ,sou ons hengel al 100 jaar terug gestagneer het. 
 

bekkerian

Senior Member
ahooi dankie Kite...

ek gaan verseker van jou raad gebruik maak. ek sit met al die info in my kop en my lyf wil net water se kant toe om die nuut gevinde kennis te gaan uitleef. MAAR die volgende 2 naweke is vol bespreek, eers die toekomstige skoon ouers en dan my eie wat kom kuier.

ek het gewonder of my 6wt stok die pyp gaan rook met n +4kg karp teen riete en boom takke...ek dink die ideaal is om n karp in die middel van n dam te hook! geen, of moet ek sê minder worries dan...

die ding is ek sien eers die karpe as hul minder as 5m van my af is, soms is hulle 2m van my af en ek kan skaars my vliegie uitgooi na hulle toe. en dan is ek teen aan die riete op n bootjie.

so as ek reg verstaan, moet ek die karp van VOOR face...eye to eye? en dan die vliegie voor hom hou soos hy swem...

wel weereens baie dankie vir die raad. if all goes well kan ek tog dalk wegglip die naweek en ietsie gaan vang!

 
 

Bernard Venter

New member
Die nkans dat jy 'n karp gaan vang as jy die karp van voor benaderis maar skraal - die vis gaan jou eerste sien. Die vliegie of kunsaas moet wel voor die karp wees. Vliegstok werk goed, selfs al dip jy net die vliegie voor die karp. As die karp suspended is werk vlieg beter, selfs al is jou vliegie aan 'n karp dipstok met knyploodjie paar (5-10)cm weg van die vliegie. As die karp op die bodem voer is die karploodkoppie die beste.
 

Riaan_The_Legend

Senior Member
I saw the chit chat about the carp on artificials and I thought that I would post a pic or 2 at the same time! The first was caught on a bloodworm fly and the second was caught in a small piece of Berkley Bloodworm. I try not to tell too many people, but that stuff kills! :) I wont lie, the second one almost cleaned out my Exceller 2000 with 4lb Fireline! I could see my spool eventually, sketchy times!

24b3dzs.jpg


x6l7k0.jpg
 

DWB

Sealiner
Note that ryan first pulled his mieliepit out of the carp's mouth and then inserted the loodkoppie....
 

bekkerian

Senior Member
hey Ryan. gou iets intresant wat ek gesien het. die 2 karp wat ek met loodkoppies gevang het is ook aan die biutekant van hulle bekke gehak. waarom sal dit gebeur? en gebeur dit altyd so?
 

Riaan_The_Legend

Senior Member
I know that Ryan plays dirty. He pulled the mielies out and then put the jig just outside the mouth for that "authentic" artlure look. What can I say Mr. Brits. Been fishing for a while now! Looking back at these photo's is quite a laugh!
 
Top