Add your name to the list if you want to join us.

AYOBA!

Sealiner
vir die dag, geen probleem, sal selfs reël vir 'n active testing sim, maw jy kan heeldag op die internet speel, jy kan nie glo hoe nice en maklik SL se gewone site op die foon se google app is nie, jy moet net belowe om dit terug te gee, dalk het ek al daai tyd die motorola android foon ook, is glo splash en scrath free, hoop daar is selfoon sein....en 3G HSDPA...jy kan selfs 'n paar "test" oproepe maak as jy wil...
 

Bruggie

Sealiner
Nee ek grap net, ek sa wel wil sien hoe hy lyk en so aan, maar wil nie heel dag op nie web sit nie. Maar ons kan hom gebruik om live feeds aan sealine te gee terwyl die social aan is.
 

CARP1

Sealiner
Vinnige vragie,menere...wie gaan wanneer by Aqua Via opdaag?Ek en my gevolg beplan om die Donderdag oggend vroeg al daar te wees.
 

Bruggie

Sealiner
Goed manne, die bol is aan die rol!!!

Ek het nou net met Jacqueline van Aqua Via gepraat en alles gereel vir die social.

Die nuwe bestuurder se naam is Chris en sy nommer 071 2100 204. As ons hom nie in die hande kan kry nie kan ons gerus vir Jacqueline( Eienaar se dogter) op 082 448 3804 kontak. Sy is baie behulp saam en vriendelik.

Ek het vir haar gesê ons is van Sealine af en sy is heel in haar noppies dat Sealine hul nuwe kontak besonderhede versprei en ook die stories wat rondloop regstel. Sy sê die vorige bestuurder ( Willem) versprei nog steeds stories dat die plek toe maak.

Chris gaan vir ons n groot stuk grond hou vir die social reg onderkant die twee ablusie blokke. As jul by die hek kom , sê net julle is van sealine af en sit onder die ablusie blokke.

Die nuwe tariewe is:

R40 Per Persoon per dag

R10 per Tent/Gazebo

R30 Per Karevaan

Kinders onder 8 gratis.

Daar is ook een 4 bed Rondawel wat te huur is vir R70 per dag.

En dan ook voor ek vergeet, daar word Kanoe's en Aasbote toegelaat..!
 

gerard10

New member
Bruggie jy is vinnig het nou net ook gebel en die selfde inligting gekry. Klink na baie gawe mense. Gaan jy die bespreking nader aan die tyd vir ons doen sodra ons weet hoeveel ouens gaan?
 

Bruggie

Sealiner
ek het klaar vir Jacqueline gesê ons sal so tussen 15-20 mense wees. So dit is klaar gesort.

O ja, die hekke maak 06:00 oop.
 

Bruggie

Sealiner
Hoekom kry ons almal nie Sealine stickers vir die social nie.Ons kan mekaar dan uitken en so ook Sealine se naam adverteer en hoog hou.Kyk na die link. ek het vir my een van elk bestel.


http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=40468&forum_id=70
 
Top