.

Vicb

New member
There are plenty in the Brandvlei dam, which are easily caught from the bank. If you do snag one, please don't remove. It's an endless battle to educate the youngsters to look after these fish & not drag them all over the campsite. As far as I know there are none left in the Berg River, years ago they were apparently very prolific. 
 

wetfrog

Member
About 5 years ago we got permits to catcht Witvis at brandvlei and trasport them to

Voelvlei dam, we caught about 3000 and released them into Voelvlei.

A couple have been caught at voelvlei recently, Yesterday a small one was caught and

released at voeilvlei, which can only mean that they are breeding . A few months ago

one of 1.4Kg was caught and released at voelvlei .
 

Droomvanger

Senior Member
The Yellowfish Working Group has released The State of the Yellowfish Report a few years ago which is very informative on the subject of yellowfis in general.
 

Fanie

Sealiner
Now that is how a fish should look like ! Loodkop in the mouth :-D

It is a pity that bass invades these sensitive species home waters. Same happens on the Vaal river which is the home of the LM yellow. A far better fish to catch than bass.
 

Fanie

Sealiner
Hi Vleipadda,

Ek dink nie dis enige een se skuld nie. Soms gebeur daar dinge waaroor mens nie beheer het nie. Bv die bass in die Vaal is uit 'n dam gespoel waarvan die damwal gebreek het, sover ek weet.

Dit is bitter bitter moeilik om alle omstandighede en kondisies te beheer. Ek dink party keer sommige visse wil maar net uitsterf. As jy sien in hoe klein area sommige voorkom dan is dit eintlik 'n wonder daar is nog van hulle. Net een jaar se onvoorsiene weer en dis neusie verby.

Die vraag is hoe noodsaaklik is daai spesifieke vis vir bewaring en anders, en kan hulle regtig gered word. Vis is nes enige ander dier. As daar te min oor is dan word die inteling so erg dat hulle in elk geval nie sal vermeerder nie.
 

Fanie

Sealiner
Ons voorvaders van ouds
Wie is die voorvaders waarvan jy so bly praat ? Kom ek jou gou iets vertel wat julle ouens dalk nie weet nie, en ek wil nie 'n politieke sage hiervan maak nie.

Die 'ou' mense het dinge nagevors, dit ontleed en dit ontwikkel as dit haalbaar in die guns van die land en mense was. Dis waar plekke soos die Kruger wildtuin vandaan kom. As jou voorvaders nie die helderheid van gees gehad het nie was daar nie so iets nie. Meeste van die damme waarop ons visvang sou net eenvoudig nie bestaan het nie of sou so pateties klein gewees het sonder die destydse ontwikkeling.

Die probleem is nie die wat voor ons was nie, die probleem is dit wat NOU hier aan die gang is. Niks word in stand gehou nie, besoedeling word in belang van BEE en persoonlike aanwins toegelaat, en jy kan maar iets daaraan probeer doen. Dis 'n doodlopp straat elke keer. En swart- of witmense het nie hier onderskeid nie, voor een of ander ongeletterde nou weer kommentaar lewer en nie weet waarvan hy praat nie.

Ek het bv 'n verslag gesien van 'n prof wat spesies in Harties genoem het waarvan ek nog nooit gehoor het nie, en die getalle wat aangedui was is net ongelooflik. Dit net om geld te kry on 'n kommersiele vissery op te sit. Die grap is die mense in beheer het geen idee waaroor dit gaan nie want die opvoeding ontbreek.

So as jy bietjie dink, dan verstaan jy dat die probleem nie voorheen was nie, die probleem is NOU ! Dis waarom ons die afdraande stryd voer, en baie visse se oorlewing suig lankal al aan die agterspeen, nie net witvis nie.

Daar is verskillende damme en waters ge-allokeer om sekere vis te huisves en dit was voorheen deur natuurbewaring beheer en elke area het natuurbewaarders gehad. Ek weet nie eers of daar nog sulke mense is nie.

So wat ek vir jou probeer se is jy soek die fout op die verkeerde plek !

Nog iets - Voortydse navorsing van ons binnelandse waters het getoon dat dit is te klein en kan nie genoeg vis getalle handhaaf om kommersiele visserye toe te laat nie. Die huidige bewind wou dan toelaat dat mense kommersieel in ons damme kan visvang met nette.

Ek kom nou al 'n lang pad met al die stories saam. Se jou wat. Stop net die rou riool wat in Harties gestort word dan se ek jy het 'n kans on jou witvis te red.

Jammer as ek negatief klink, maar soos ek se dis nie van vandag af nie. Die papierbek wat voorheen in Harties volop was bestaan nie meer daar nie.
 

Fanie

Sealiner
Die enigste manier om die witvis te beskerm in hulle huidige omgewing sal beteken julle moet intensief vir die baars en karp in die damme hengel en hulle uithaal.

Julle moet dromme op die oewer sit wat gemerk is vir die' doel en iemand moet die dromme 1 of 2 keer per dag uitgooi.

Karp is meer verwoestend as wat meeste mense dink. Hulle eet waarskynlik baie visse se eiers op wanneer hulle voer. Hulle afval verooraak ook ammoniak vlakke in die water wat 'n vorm van besoedeling is, veral as daar baie karp is.

In die ou dae het natuurbewaring nette gesleep vir die' doel. Die gewenste visse is getel, ondersoek vir siektes en parasiete en is dan weer vrygelaat. Die ongewenste vis is verwyder.

Jy mag dalk teenstryd kry van die baars en karp ouens. So jy sal dit eers op munisipale vlak moet laat goedkeur voor jy enige iets kan doen in 'n bepaalde omgewing.

Jy sal ook die betrokke damme as spesie damme geproklameer moet kry anders gaan een of ander dwarstrekker weer 'n klomp bass daarin gooi.
 
Top