Wie is die voorvaders waarvan jy so bly praat ? Kom ek jou gou iets vertel wat julle ouens dalk nie weet nie, en ek wil nie 'n politieke sage hiervan maak nie.
Die 'ou' mense het dinge nagevors, dit ontleed en dit ontwikkel as dit haalbaar in die guns van die land en mense was. Dis waar plekke soos die Kruger wildtuin vandaan kom. As jou voorvaders nie die helderheid van gees gehad het nie was daar nie so iets nie. Meeste van die damme waarop ons visvang sou net eenvoudig nie bestaan het nie of sou so pateties klein gewees het sonder die destydse ontwikkeling.
Die probleem is nie die wat voor ons was nie, die probleem is dit wat NOU hier aan die gang is. Niks word in stand gehou nie, besoedeling word in belang van BEE en persoonlike aanwins toegelaat, en jy kan maar iets daaraan probeer doen. Dis 'n doodlopp straat elke keer. En swart- of witmense het nie hier onderskeid nie, voor een of ander ongeletterde nou weer kommentaar lewer en nie weet waarvan hy praat nie.
Ek het bv 'n verslag gesien van 'n prof wat spesies in Harties genoem het waarvan ek nog nooit gehoor het nie, en die getalle wat aangedui was is net ongelooflik. Dit net om geld te kry on 'n kommersiele vissery op te sit. Die grap is die mense in beheer het geen idee waaroor dit gaan nie want die opvoeding ontbreek.
So as jy bietjie dink, dan verstaan jy dat die probleem nie voorheen was nie, die probleem is NOU ! Dis waarom ons die afdraande stryd voer, en baie visse se oorlewing suig lankal al aan die agterspeen, nie net witvis nie.
Daar is verskillende damme en waters ge-allokeer om sekere vis te huisves en dit was voorheen deur natuurbewaring beheer en elke area het natuurbewaarders gehad. Ek weet nie eers of daar nog sulke mense is nie.
So wat ek vir jou probeer se is jy soek die fout op die verkeerde plek !
Nog iets - Voortydse navorsing van ons binnelandse waters het getoon dat dit is te klein en kan nie genoeg vis getalle handhaaf om kommersiele visserye toe te laat nie. Die huidige bewind wou dan toelaat dat mense kommersieel in ons damme kan visvang met nette.
Ek kom nou al 'n lang pad met al die stories saam. Se jou wat. Stop net die rou riool wat in Harties gestort word dan se ek jy het 'n kans on jou witvis te red.
Jammer as ek negatief klink, maar soos ek se dis nie van vandag af nie. Die papierbek wat voorheen in Harties volop was bestaan nie meer daar nie.