.

Skuimkop

Sealiner
Ons het die naweek wat verby is een Witvis van 0.79 kg gevang by Voëlvlei. Een van die ouens daar wat ons moes kom uit tou het, het gesê dit gebeur so nou en dan dat iemand 'n Witvis vang. As ons weer een vang met ons komp die einde van die maand sal ek dat daar 'n foto geneem word. Hy was in 'n uitstekende toestand. 
 

Fanie

Sealiner
O ja amper vergeet ek. Daar is spesifieke struktuure wat sekere visse wil he om te kan broei, bv sommige vis hou daarvan as daar vlak water is wat in die son warm bak en daar moet gras in wees dan werk dit. Ander vis hou van bome in die water, ander hou van klippe.

As jy wil he jou vis moet floreer gaan jy die gewenste habitat moet genereer en implimenteer en op so 'n skaal dat dit die oefening werd gaan maak. Gaan nie help daars so klein kolletjie biesies en net drie visse kan daarin broei nie.
 

Vleipadda

Senior Member
Fanie ek gaan lui wees en copy , paste lol

Habitat has not been studied well. Adults prefer deep pools of larger rivers, where rock or overhanging vegetation cover is present. Juveniles are common in riffles. They also thrive in impoundments (Impson 2001). Biology is also poorly studied. Adults are omnivorous, feeding on bottom dwelling invertebrates and algae (Skelton 2001). Juveniles feed on zooplankton and small aquatic invertebrates. Breeds in late spring, when water temperatures exceed 20°C, and schools of adults migrate to deep (1 to 1.5 m) riffles and spawn. Spawning was observed in late morning. Fecundity is high with 2.5 kg captive females yielding about 100,000 eggs (Smith 1987). Spawns successfully in impoundments, with spawning occurring over gravel and rocky beds in shallow water (Impson 2001). A genetic study based on mitochondrial DNA cytochrome b of the Berg and Breede populations indicated little variation between these two river systems (Impson and Bloomer 1999).

Fanie nie om enigsins ombeskof te wees nie , Eks betrokke by natuurbewaring aan die flora kant waar ons al heelwat spesies soos die Erica Verticilata aangeplant het nadat daar vermoed is dit is uitgesterf . As almal negatief was teenoor die projek sou dit tans slegs n plant of twee in Kew gardens wees , maar die toegewydheid van vele mense is daar n hele klomp "sites" waar die plant nou groei .

Indien daar positief n projek aangepak word met die nodige steuning van die regering sowel as die publiek sal en kan die voortbestaan van die bedreigde spesies verseker word

Dis my 2c omdat ek al gesien het wat gedoen kan word met die nodige bystand van die publiek
 

Fanie

Sealiner
Hi Vleipadda,

Die bewaring van visse is 'n baie moeilike een. In die geval van jou plant(bossie ;-) kan jy drie keer op 'n dag gaan kyk hoe hy lyk, sy omgewing verbeter en jy het oor die algemeen beheer daaroor.

Jy kan die vis gewoonlik nie sien nie, hulle is oorgelaat aan die elemente en word maklik deur besoedeling beinvloed. Nie veel beheer daar nie.

Ek dink wat jy probeer doen is baie edel, en ek hoop jy slaag sodat ek ook 'n paar van hulle eendag kan gaan vang, al wat ek vir jou probeer uitwys het is dat dit 'n moeilike taak is, geld en baie tyd kos.
 

Vleipadda

Senior Member
Alles in die wereld wat die moeite werd is kos geld,tyd en moeite .
En glo my dis nie net van kyk na n bossie nie - daars veel meer betrokke .

Ek vat niemand aan nie noem my n "tree hugger" maar die agter uitgang van ons biome is n groot probleem die UN se maatstaf is om 30% te bewaar in die Weskaap is daar sekere biome waar daar slegs 1% onder bewaring is en Fauna is n groot deel hiervan .
 

Fanie

Sealiner
Ek probeer nie se jy is verkeerd nie. Vandat die bome wat in ons damme was uitgekap is vir vuurmaakhout elke keer as die vlakke laag is het die voels en visse daaronder gely.

Ek het al verskeie kere op klub vlak gevra dat daar iets aan gedoen moet word, en was self bereid om betrokke te wees, en dit was maar net afgeskiet elke keer.


Kom Droomvanger, dink betjie terug hoe die vis in Harties gekrioel het in modderpunt se bome. Nou is dit net hiasinte. En wat gaan wie daaraan doen.
 

Vleipadda

Senior Member
Fanie ek verstaan wat jy se maar dink jy nie ons as hengelaars moet van ons gatte opstaan en se tot hiertoe en nie verder nie ? As die medisie en onderwys (wat ek as basiese dienste sien ) mag "strike " kan ons tog nie dalk nie letterlik nie maar figuurlik.Haal jou hand uit jou mou is wat ek se elke bietjie maak n verskil , ek weet hoe lyk n paar hektaar Port Jackson en hoe lyk dit wanneer dit bietjie vir bietjie utgetrk word
 

Fanie

Sealiner
Wel Vleipadda, ek het onlangs weer 'n voorstel gemaak dat die sealine ouens moet kyk na riwwe in die see. So ver was dit net ek wat rerig belang gestel het. O almal dink dis 'n oulike idee solank hy net nie hoef betrokke te wees nie.

Ons lewe in ander tye. Mense is te gemaklik en ek se altyd as daar 'n paar rand in die bank is en die ou het hom dik ge-eet dan gaan dit goed. Hy is min gespin oor of daar vis is of nie en gee nie om hoe sleg dit daar buite gaan nie. Dis 'n kewssie van ek's ok, en bogger jou.

Iemand anders sal wel die probleme uitsorteer.
 

Vleipadda

Senior Member
Fanie gaan terug na daai "post" dan kyk jy gou bietjie wie het nog saam met jou kommentaar gelewer op daai onderwerp.

En wie weet dalk is die varswater manne bietjie meer bereid om "hande vuil te maak" as die ouens by r&s
 

Eviljohnny

New member
Hallo mater, ek moet jou se ek het die grootste respek vir dit wat jy probeer behaal.  Nooit gedink jy sou daardie rigting in jou lewe volg nie, maar ja dis snaaks hoe 'n paar grys hare en 'n kind of 2 mens anders laat dink.

Iets wat nog glad nie genoem is hier nie is dat Witvis [glow=darkred]GLADNIE[/glow] met droe hande hanteer moet word nie, die vis moet verkieslik in die water afgehak word en nooit op die grond en klippe selfs gras neergesit word nie.

Dan net 'n voorstel, ek hengel gladnie meer kompeterend nie so ek weet nie of dit sal werk nie, maar wat van inplaas daarvan dat veral die groter witvis wat gevang word in 'n keepnet gesit word kan julle hulle nie net weeg en dadelik vrylaat nie.

Ek dink ek moet bietjie in die kaap kom kuier sodat ons weer vir die eerste keer in seker 8 jaar 'n sessie kan doen.
 

nardus

New member
Almal sal saam stem daar iets gedoen moet word.
Maar nie almal is in staat om iets daaromtrent te doen nie.

Ek persoonlik weier om enige uitheemse visse trug te gooi in die water maak nie saak waar in suid afrika ek hulle gevang het nie.
 

Sharkskin

Senior Member
reynard wrote:
Vleipadda wrote:
Dont worry wetfrog i got one

Lol- Reynard where did you get the photo from? Just out of interest as its a photo I took- lol.

Yeah, witvis are amazing fish and really good quarry on fly tackle. That photo was taken on the Hex River- at the time home to one of the last natural breeding populations in a river system. Unforunately the whole area was bulldozed to pieces by the relevant wine farmer a couple of years later. It now holds virtually none.

Before this one would sight fish to shoals of gold in crystal water- it was an amazing privilege to get access (through Cape Nature) to fish the area.

The river specimens always seem much prettier than their stillwater brothers and sisters.

Good news is that they do breed pretty well and certain dams in the Cederberg have been stocked by the Western Cape Yellowfish Working Group in conjunction with CNC and they are doing very well.
 

Attachments

  • witvis.jpg
    witvis.jpg
    54.3 KB · Views: 194

Sharkskin

Senior Member
Diving with witvis- very cool experience. Sadly this section of river has now been destroyed.
 

Attachments

  • witvis%20diving.jpg
    witvis%20diving.jpg
    43.3 KB · Views: 193

Athelas

New member
Gents,

I thank you all for this post.

I've recently been elected the Conservation Officer of my club and have started working on a document to submit to the powers that be, here in WP.

I hope to have the issue heard at the next WP committee meeting, but I'm seriously low on time.

This thread, however, gives me the motivation to put more effort into it. It is fantastic to see that there are others that share my concern for the witvis.
 
Top