13.54kg Common Carp

Enigma

Moderator
Excellent - see you in Mar next year when we fish Kwagga's if the water at Mac's is unfavourable before the comp we can maybe try these big-uns
 
Dink ek moet maar vertel waar dit is.

Dis die Tyger Waterfront Quarry oorkant Tyger Vallei. Die ding is dat visvang verbode is aan die Suidelike, Tyger Waterfront, kant, maar daar is geen borde wat visvang noem aan die Noordelike, Tyger Falls, kant nie. Dus het hulle geen voet om op te staan nie. Vir karphengel het jy 'n boot nodig om die vis te volg want daar is boeie as ook 'n skag wat in die somer omtrent 10cm onderwater is. Daar is 'n oop stuk grond aan die Oostelike, Carl Cronje Rylaan, kant. My plan is om van die stuk grond te vang. Jy kan net met een stok vang want elke vis moet met die boot gehaal word. Ek is tans besig om my storie agtermekaar te kry vir toestemming om daar te vang. Ek is positief dat die bestuur sal ja se. Hopelik sien julle nog baie foto's van die venue...ons het al vier karpe in die 13kg klas uitgekry, maar daar is karpe in wat twee tot drie keer groter as die 13kg karpe is. Ek skat hulle op 25 - 30kg. Ek hoop net nie 'n paar varke kom bederf alles nie! Daar is ook pragtige smallmouth bass in die quarry. Ek gaan gereeld namiddae in die somer vir 'n paar gooie met 'n popper. Altyd lekker om 'n dag af te sluit met 'n smallmouth bass op popper...sal nog in die toekoms foto's opsit van die smallmouth bass.
 

DJP

Sealiner
Stefan het julle al van die karpe ook daar gekry? Hierdie is vroeer vanjaar by die ander quarie gevang.
 

Attachments

  • up close.jpg
    up close.jpg
    58.6 KB · Views: 372
Jis daai karp lyk sleg! Ek het gewonder of daar karp in die Stellenbosch quarry is.

Ja so ver het ons 4 x 13kg, een 9kg en 2 x 4kg uitgekry. Die 9kg is 'n wyfie met 'n wit vlek oor die kop. Ek het haar op 9.54kg gevang en "Tippex" gedoop.
 

DJP

Sealiner
Vis was in goeie kondisie dink hy is net bietjie geneties gestrem. Ja die Stellie quarie het mooi carp, vat net tydjie om hulle aan die voer te kry, tel paar babers ook so tussen in op, gaan vanjaar hulle beitjie teiken, daar is def paar 20kg plus snorbekke. Ek het al bloukurpers, bluegills, groot en kleinbek bass daar gevang, maar 'n mens moet maar jou tegnieke bietjie aanpas anders sukkel dit maar om iets te vang.
 

Marthin

Sealiner
sal jou my coke bottel baber aas tegniek wys... se net wanneer, werk gewoonlik beter in middel somer...
 
Top