Dink ek moet maar vertel waar dit is.
Dis die Tyger Waterfront Quarry oorkant Tyger Vallei. Die ding is dat visvang verbode is aan die Suidelike, Tyger Waterfront, kant, maar daar is geen borde wat visvang noem aan die Noordelike, Tyger Falls, kant nie. Dus het hulle geen voet om op te staan nie. Vir karphengel het jy 'n boot nodig om die vis te volg want daar is boeie as ook 'n skag wat in die somer omtrent 10cm onderwater is. Daar is 'n oop stuk grond aan die Oostelike, Carl Cronje Rylaan, kant. My plan is om van die stuk grond te vang. Jy kan net met een stok vang want elke vis moet met die boot gehaal word. Ek is tans besig om my storie agtermekaar te kry vir toestemming om daar te vang. Ek is positief dat die bestuur sal ja se. Hopelik sien julle nog baie foto's van die venue...ons het al vier karpe in die 13kg klas uitgekry, maar daar is karpe in wat twee tot drie keer groter as die 13kg karpe is. Ek skat hulle op 25 - 30kg. Ek hoop net nie 'n paar varke kom bederf alles nie! Daar is ook pragtige smallmouth bass in die quarry. Ek gaan gereeld namiddae in die somer vir 'n paar gooie met 'n popper. Altyd lekker om 'n dag af te sluit met 'n smallmouth bass op popper...sal nog in die toekoms foto's opsit van die smallmouth bass.