Martin Louw

JENEL

New member
O sorry, en ek glo net 'n handjie ouens sal regtig weet wat die waarheid is ...... as ek 'n 60 ponder of groter vang sal ek nie eers daaraan dink om dit bekend te maak nie. Daar is baie ouens wat al groot vis uit ons damme gevang het en net bloot stil bly....oor daar altyd ouens is wat nonsens praat.
 

floatie101

New member
jenel ek het spesie hengel opgevat omdat dit nie kompeterend is nie, en die enigste kompetisie is jou eie PB.

As ek 'n vis vang en 'n pic post op sealine van hom,en die gewig word getwyfel deur 'n klomp hengelaars, dan laat hul my weet hul twyfel daarin.  By all means Martin het baie al gedoen vir die spesie visvang in SA, maar probeer dit nou justify dat hy oop en bloot jok oor sy "4 SA rekords".  Dan is jy maar net so gullable soos wat ek was.

Ek probeer niks stir hier nie, en twyfel nie dat hy al monster vis gevang het nie, maar ek dink meer van 'n inspirasie is Hennie du Preez.

Ek sal my opinie onttrek en onverskoning vra as jy my kan verkeerd bewys.  Dit kan maklik gedoen word, gee my 'n link sodat ek kan gaan soek waar Martin Louw se (4 nasionale) rekords gevang is.

Ek is nie 'n xxxxxx nie, en weet hy sal my enige dag ore aansit, selfs jy sal.  Dis omdat ek so onervare is dat ek eintlik opgekyk het na hom as SA rekord houer.


Moenie reels breek nie!!

ADMIN "S"
 

 
 

MadCarper

Sealiner
Eintlik stem ek saam met JENEL. Dis nie op enige iemand spesifiek gemik nie, maar daar is hierdie SLEGTE afbrekende kultuur van mense slegse en veroordeel, in SA spesie hengel kringe... en dit doen baie skade aan ons hengel faset. Ek was ook skuldig daaraan, en het dinge in die verlede gese van top hengelaars gebaseer op ander mense se stories. Dit laat my dink aan Desperate Housewives, waar n klomp vrouens saamkom om koek te bak, maar sit dan en skinder oor ander vrouens, en ander mense veroordeel ens.

Soos JENEL ook regtelik se, die top ouens mag dalk nie altyd engeltjies wees nie (en wie van ons is??), maar hulle is bereid om hul kennis en ondervindings te deel.

Die ding wat my altyd opval is dat mense allerhande dinge te se het oor Martin, maar die mense wat al saam met hom gaan hengel het sien hom in n ander lig en respekteer hom. "Judging a book by its cover" dalk?
 

floatie101

New member
mad carper ek stem saam met jou regtig en in n mate saam met jenel

skinder it may maar as dit ek jenel of jy was wat sulke prestig glorie geclam het

sou ons sa hengel laughing stock gewees het ek los dit daar different strokes for different folks
 

MadCarper

Sealiner
floatie ek praat maar oor die algemeen. Die ding van unofficial rekords is maar n issue. Daarom dink ek ons moet tot n punt kom waar SA rekords offisieel gerigestreer kan word, om sodoende hierdie soort debates stil te maak...
dis net n opinnie...
 
Floatie,ek wou nie betrokke raak nie en laat nie toe dat mense soos jy reaksie by my uitlok nie,maar hierdie een het ek Maartin se antwoord vir jou.Maartin en sy broer is bereid om na jou winkel of enige plek te gaan,jou face to face ontmoet en die feite aan jou oor te dra,die feit dat jy die stelling maak dat Johan "a paar draugts" in gehad het en jy veroordeel Maartin. Ek moet se jy is nie die slimste PEANUT daar buite nie.Ek stel voor jy reel die meeting en sou dit voldoen aan jou kiein koppie verstand dan verwag ek jy omverskoning vra! Ek sou graag by die meeting wil wees om jou modes operande te verstaan.Sou jy so a meeting versoek sal ek dit graag reel - my nr is 0825537440.Chris Liebenberg.
 
Het nou net met Johan ook gepraat, jy is floor manager van uppur deck, hy onthou die gesprek en blykbaar het jy die kat heeltemal aan sy stert beet. Pasop as jy so kan lieg kan jy steel ook, dink jy is op a ander planeet,laat definitief weet wanneer jy die feite wil hoor, persoonlik.
 

Simen

Sealiner
Hokaai manne, Chris kom ons sorteer asseblief die ding uit sonder om persoonlik te raak, ongeag die gevoel.

ADMIN "S"
 
Jammer, dit is hoekom ek nie toelaat dat mense reaksies uit my lok nie, sal nogtans die kwessie wil uitsorteer en sal graag die meeting wil reel al is dit net om floatie se opinie te laat verander, dankie.Chris

Geen probleem ek verstaan, doen wat jy moet doen, hou dit asb net tussen die lyne.

ADMIN "S"
 

Simen

Sealiner
Johan Louw wrote:
XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX


Whoa, daar jy verstaan nie mooi hoe dit hier werk nie. Hierdie is 'n familie forum waar mans, dames en kinders ordentlik met mekaar praat.

Jou adres sal ek die keer se is ook nie reg nie.

Ek se jou wat, kom ons maak of die eerste post van jou nie bestaan nie, jy maak jou adres reg, en post weer.

Regverdig genoeg.

ADMIN "S"
 

Johan Louw

New member
Verkoning almal

verskoning aanvaar en welkom hier.

ADMIN "S"

O'Ja maak tog net jou adres reg.

PM my as jy nie regkom nie
 
Pm,net a vraag, hoe laat julle mense toe om enigiemand se per soonlik heid of integritied te bevraagteken,afbreek maak van so a persoon,sonder enige voet om op te staan, en dit ook op die forum te publiseer sonder enige bewyse of waarheid. In my opinie behoort so a persoon nie eens op die forum toegelaat te word en julle behoort eerste enige persoonlike aanvalle of beskuldigings te ondersoek of :scrutenise:Besef sulke mense nie dat dit kan lei tot laster en ander sake wat in die hof gaan draai en almal net geld gaan kos en ook nie a goeie smaak vir Sealine nie,maar ek word op die vingers getik na my uitlokkinde reaksie. Behoort julle nie die ander party se mening oor enige so a gesprek te kontak en dan a besluit neem of dit mag publiseer?Dankie, Chris
 

Spinedok

New member
Manne,

Ek dink ons het nou al meer as genoeg poletiek wat elke slag 'n ruksie  veroorsaak tussen ons hier op die forums, as ons 'n verskil wil maak in die toekoms van dit wat ons passie is, moet ons begin om net uit te praat as ons feite 100% reg is, anders los dit liewer net.

Mense word bespreek sonder dat jy weet wat of wie die persoon is, doen die moeite en gaan ontmoet die persoon waaroor jy stories gehoor het, en gaan vra hom jouself, ek is seker jy gaan baie verbaas wees oor die persoon wat jy gaan ontmoet.

So kom ons begin 'n kultuur kweek waar ons dankbaar is dat daar manne daar buite is wat die pioneers werk gedoen het, en wat bereid is om dit met ons te deel, sodat ons nie alles ons self hoef te probeer doen nie, en dat ons mekaar sal ondersteun in die bewaring van ons sport.
 

Simen

Sealiner
floatie101 wrote:
een vraag gents wie het die unoficial record in sa want ek het geglo dit was martin tot dat ek johan sy broer ontmoet het by my winkel en johan n paar drafts agter blad in gehad het toe skokwekend vertel hy my hoe hy die vis gevang het die effort tyd ens en maar glorie v martin laat vat since martin n lewe van dit maak .

INTEGRITY LE NA MY HART MY PB IS 9.8KG EK HOM GEVANG NI MY BROER NI

Help my net reg, dit is hier waar die pawpaw die fan geslaan het.

Indien dit so is, is hier 'n stelling gemaak seur 'n persoon.

Natuurlik het enige persoon die reg om homself te verdedig en ek laat dit toe op die oop forum.

Al wat ek se HOU DIT IN DIE REELS

Onthou 'n storie het altyd 3 kante jou kant, my kant, en die ware kant.

Julle is welkom om dit uit te sorteer, maar doen dit asb met inagneming dat ander lede dit ook lees waarvan daar dames en kinders ook is.

Sover dit ADMIN aangaan om te kyk of 'n storie waar is, is net onmoontlik, die forum is net te groot. Ons maak staat op elke lid se integriteit.

Ons probeer wel die geprek op so manier laat plaasvind dat dit nie te erg hand uit ruk nie.

ADMIN "S"

( ek sal eers omstreeks 13h00 terug wees)
 

Flashback

Senior Member
Ek sal ook graag hom in persoon ontmoet, en saam hom vis want ek glo ek sal geweldig leer!!

Jy sal verseker baie meer leer as wat  jy kan lees in sy leesstof!

Ek glo ook as hy mens nie ken nie kan hy seker ongeskik voor kom maar kan mens hom blameer??Ek sal graag n keer saam met hom hengel en dan kan ek immers vir my self besluit!
 
Top