Martin Louw

Dadse almal, nou net terug van sessie met MEESTER Martin Louw. Wat a ondervinding, gedink ek weet als,maar as julle wil weet hoe dit is, met Maartin, dit is hoe dit is.Ek gee nie om wat enigiemand se kommentaar graag wil uitlok,gaan dit nie by my re kry nie,ek verseker julle almal dat Maartin seker een van die beste spesie hengelaars,seker in die Wereld is.Indien enigeen die voorreg het om op a dag sy albums te besugtig sal julle verstaan, glo nie daar is enigeen met soveel passie en ondervinding soos die man nie,en voor enigiemand hom wil oordeel, ontmoet die man persoonlik en kry jou eie indruk van hom. Soos in alle sport trek die hoogste bome die kleinste wind wat waai. Ek is beslis trots om met Maartin geassosieer te wees,en is ook dankbaar vir die voorreg om deur hom opleiding te ontvang op gevorderde extreme spesie hengel.Groete aan almal, terloops ons sessie was a groot sukses.
 

Flashback

Senior Member
Ek kan maar net noem dat n paar mense hul opinnie verander het oor Martin nadat hul sy DVD gekyk het en ek my self was beindruk met hoe n aangename persoonlikheid hy het!!

Ek stem saam met Chris dat ek dink daar is maar baie suur druiwe!!
 

Flashback

Senior Member
Zoompoep wrote:
Nou net die dvd gekyk en moet sê my lus hang uit!!!

Persoonlik dink ek hulle het die punt bietjie gemis met die dvd die advertensie werk is puik koop sommer n mercury en jaag resies tussen die spesie lyne, dit is op die einde van die dag vir education - nou ek is n newbie en ek moet sê die inligting wat ek wou kry het ek gesien maar ek weet glad nie hoekom dit so moet wees nie hoop julle kan my help

1. Amnesia?
2. Ek weet van leadcore maar soft core? wat is die doel soos ek verstaan is dit net n link van sy main na sy leader.
3.Feature finding? hengel oor ,voor of op die feature wat hy find(sa dit n drop off is) ander features hoe ver van die af?
4.Op watse afstand hengel hy?
5.Hengel hy al 4 stokke op een kol?
6.Het gesien hy ry met sy reel clip oorgeslaan terug wat ek wil weet as dit die middel stok is wat hy rebait hoe moet ek presies te werk gaan om nie n boog oor my ander lyne te kry nie?
7. Op oewer hengel is ons geleer hoe verder jy instap agter die vis aan hoe langer is hy aan die lyn en hoe groter kans het jy om hom te verloor , ek wil weet asjy met n boot met agter die vis aangaan dan gaan jy iewers n punt bereik waar jy na die vis toe gaan maar die vis bly op"1" plek wat is die korekte manier om n vis te gaan "boot"
8.Hoe lank was hulle langs daai water is seker ek sal met my kennis ook n groot vis of 2 vang as ek n maand langs die dam is.


Op die ou einde was die dvd die kyk werd mens kan seker tog nie dink hy gaan al sy geheime uitlap nie sou net graag bietjie meer detail wou hê.
Het vandag geleer waarvoor die SOFT CORE voor gebruik word te danke aan Francouis!
Dit is die enigste manier hoe jy jou 80lb leader kan heg aan die fly line sonder om n knoop te maak! Byde word in die SC in gewerk/druk en as jy dit trek trek dit vas, geen knoop nie!
 

MadCarper

Sealiner
Hi Chris, goed om te hoor julle't n suksesevolle sessie gehad.
Ek glo nie iemand het iets hier gese om enige iets slegs uit te lok nie, of iets slegs gese van Martin nie. Maar ek het wel uitgewys dat mens maar die suksesse op die Dvds in perspektief moet hou. Ek het self nog nooit saam met Martin gehengel nie, nog net met hom gepraat oor die foon. Maar oor die algemeen word daar goed geprebait en dvd-shoot sessies is gewoonlik lank, om soveel footage as moontlik te kry. Dit is maar al wat ek wou lig.... geen slegte bedoelings nie.

:fishn
 
Dit was beslis nie op jou gemik nie,weet net daar is sekere mense wat nie a goeie woord het vir Maartin nie,ek sal graag die verlede agter ons sit en seker maak dat almal van Maartin se expertise baat kan vind. Jammer as dit geklink het asof ek enigeen wil benadeel het , nie my intensie nie.Dankie vir jou terugvoer. Ons streef nou om a goeie en gesonde en a baie basiese en gevorderde opleiding en vooriutgang vir spesie hengel te verseker,Groete,Chris
 

floatie101

New member
een vraag gents wie het die unoficial record in sa want ek het geglo dit was martin tot dat ek johan sy broer ontmoet het by my winkel en johan n paar drafts agter blad in gehad het toe skokwekend vertel hy my hoe hy die vis gevang het die effort tyd ens en maar glorie v martin laat vat since martin n lewe van dit maak .

INTEGRITY LE NA MY HART MY PB IS 9.8KG EK HOM GEVANG NI MY BROER NI
 
Dis hoekom records official aanvaar moet word omdat unofficial records net rumours is. Daar bestaan nie 'n ding soos 'n unofficial record nie dis 'n totale weerspreking.
 
Jy kry klubrekords, provinsialerekords en nasionale rekords. Klub en provinsiale rekords werk natuurlik deur jou klub. Nasionale rekords het 'n records officer. Jy moet aan 'n ge-affilieerde klub behoort om een van die 3 rekords te eis. Jy kan natuurlik klub rekords vang al is die klub nie ge-afilieer nie.

Dan is daar natuurlik ook die wereld rekords van IGFA wat in die verskillende lynklasse is. Daar is 'n klomp "wereld records" wat deur oorsese hengelaars ge-eis is wat nie deur IGFA erken is nie. As IGFA of 'n nasionale organisasie soos SAFBAF of SASAA of plaaslike organisasie soos jou klub of provinsie nie rekords goedkeur volgens sekere vereistes nie dan kry jy 'n klomp hengelaars wat in hulle kringe se hulle hou rekords. Dit werk nie so nie. As jy nie 'n sertifikaat het wat se jy het die rekord nie dan het jy nie die rekord. Dis so eenvoudig soos dit.

In ander sporte soos Boogskiet, Swem, Atletiek, ens. is daar vereistes aan rekords eis. Jy kan rekords in oefening breek maar as jy dit nie op 'n goedgekeurde byeenkoms doen en aan die vereistes voldoen nie dan jammer al het jy dit gebreek kry jy nie die rekord nie. Mense het al wereldrekords gebreek by SA's en omdat die drug toets nie binne 2 ure gedoen was nie kon hulle nie die rekord eis nie.

Enige sport se integriteit van sy rekords is belangrik vir die eer gekoppel aan 'n rekord breek. As die integriteit nie behou word nie word die rekord afgewater tot waar die Europeers die "wereld karp rekord" afgewater het.
 

MadCarper

Sealiner
Die vraag is ook, by wie in SA registreer mens n nuwe rekord karp? Is dit SAFBAF?
As dit so is, is die volgende gelys by SAFBAF:

Mirror Karp SA Rekord:
26.2kg Klaseriedam 1997 Hengelaar - W. Barke

Common Karp SA Rekord:
21.42kg Komatirivier 21-Jun-02 Hengelaar - B.J. Coetzee

As mens n search doen op die web kry mens niks anders nie...

Sover ek verstaan is dit ook nogal n nagmerrie om n rekord offisieel te registreer. Mens moet n aanvaarbare skaal gebruik (volgens IGFA), jy't witnesses nodig wat die vis moet weeg. Ek onthou iemand het vir my gese sekere karp skale word nie aanvaar nie, dan moet mens n goedgekeurde skaal kry vir die weeg, ens ens...

Miskien is dit nou tyd om hierdie onderwerp uit te sort. Dink nou net as een van ons n nuwe SA rekord vang en ons weet nie hoe om dit te registreer nie? Sal n groot jammerte wees. En 'unofficial' is net vir my...wel, te informeel...

As ek kyk na die SAFBAF rekords, dan is daar n hele klomp hengelaars wat 'unofficial' common carp SA rekords het. (oor 21,4kg!) LOL!!!!
 

floatie101

New member
ek is maar n novice in speciehengel en so was jul almal en glo jul het seker nes ek produkte gekoop omdat op die produk was n legende se naam wat ook aandui dat hy n 4 keer nationale carp record holder is dis oop en bloot op al sy produkte in elke visvang tydskrif.

Ek is nog baie jare vanaf n record so jul kan maar ponder hoe om dit te verbeter

wat ek eintlik wou opbring is dat hierdie topic het begin oor hoe great hierie ou is.

Ryan een van sealine experts noem ouens gereeld bulldusters ek dink ons top specie hengelaar kan amper gaan v een
 

Kerneels

New member
baie van die top manne het ons gehelp dat spesie hengel is waar dit is vandag, so ek dink nie ons kan hulle sleg maak nie.

maar vna die os op die jas, watse alarms gebruik Martin Louw?
 

JENEL

New member
@floati101, ek dink jy is net jaloers omdat jy nie kan bereik wat Martin al bereik het nie.......jy is pleinweg besig om @$&  te praat en te stir.

Ek dink Martin is een van die beste spesie hengelaars in die wereld en ons kan maar net droom om doen wat hy al deur is......jammer daar is so baie jaloerse ouens wat ander nie wil krediet gee wat hulle al bereik en vir die sport gedoen het nie en ook nog wil doen.

Ouens Martin is besig om sy kennis met ons te deel sodat die faset van hengel beter toegepas kan word en dat ons beter kans het om daai grotes te kan vang........so aan al die suurgatte hou asb julle sleg pratery vir julle self.........julle moan altyd dat die legands nie info wil deel nie maar nou dat dit gedoen word moan julle ook.

EK SAL  WAT WIL GEE OM SAAM MET MARTIN LOUW VIR SO WEEK SESSIE TE KAN HENGEL...MAAR ONGELUKKIG KAN EK DIT NIE BEKOSTIG NIE. SO EK WAARDEER DIT WAT HY BEREID IS MET ONS AS MEDE SPESIE HENGELAAR TE DEEL VIA DVD, TYDSKRIFTE ENS.
 
Top