peks@mweb.co.za
Senior Member
Ons was vandag by Dassen , 06h30 gelaunch saam met 3 commercials. Sterk Suidooster soos voorspel (17 knope)i, 3m deinings. My lyf vannaand seer van cast en retrieve. En van rondtrap op my ou Cape craft ! See nie baie aangenaam nie, varal nie aan die westekant teenaan die brekers en tussen die blinders nie. Commercials met 8/9 man aan boord gemid so 40/boot gevang na 6 ure se werk. Twee van ons 12 gekry - net meer as 'n witbak vol vis - dus gemid seker net oor die 4 kg vis. Vannaand een gebraai - baie goeie kondisie - lanklaas so 'n vet geelstert gebraai.
Vis wou nie maklik vreet nie - verskillende spinners probeer - beste resultaat met die kleiner stainless steel spinner wat smal voor en agter is en breed in die middel. weet nie wat sy naam is nie, maar die snake het net een vis gevang. Niks op Deepdivers en yamashitas nie. Een v d comm vertel my vannaand dat hul al hul vis op die sleep met die spinners gevang het.
Anyway - wees asb versigtig aan die westekant by die brekers langs Pike Rock af. Die skipper moet baie waaksaam wees en heeltyd see dophou. As almal so opgewonde oor die vis raak, kan jy maklik konsentrasie verloor en in die moeilikhied beland, veral as die see was soos vandag. Hoop nie die sterk SO wind vandag gaan die water te koud maak nie. ENJOY ! Groete Pieter