with recent activity in the bag limit sector we be

Wat die kreef betref verstaan ek dat niemand wat nie 'n lisensie het in besit van 'n kreef mag wees nie. Verder verstaan ek dat lisensies eers van die ouderdom van 12 jaar en ouer toegeken word.

Wat hengel betref verstaan ek dat niemand wat nie 'n lisensie het nie mag hengel nie. Daar is geen ouderdomsbeperking op die verkryging van 'n lisensie nie, dus as jy kan hengel, ongeag die ouderdom, moet jy in besit wees van 'n lisensie anders oortree jy die wet.

Q.E.D

PI
 
Marthin

Sealiner
Pieter ek stem heeltemal saam. Daar is net twee opsies in my geringe opinie:

1. Jy mag nie hengel/aasmaak/mossel of krappie huistoe neem nie, tensy jy lisensie het nie. Dit beteken al is die kind 3 en wil net klipvissies vang moet hulle n lisensie he.
(moenie se die kind gaan dit teruggooi nie, dan kan ek ook sonder lisensie gaan hengel en se ek gooi alles terug)

2. Jy mag nie hengel aasmaak/mossel of krappie huistoe neem nie tensy jy n lisensie het, maar jy mag slegs op n sekere ouderdom n kontrak/lisensie kry... Dit beteken n kind onder die "legal age" vir n lisensie mag dan nie n lisensie kry nie en mag dan ook nie hengel nie.

Ek het vir opsie 1 gegaan, soos genoem my kind het n lisensie vir die laaste paar jaar al, hy's nou 9, ek het net sy paspoort gevat en n lisensie gaan uitneem en klaar. Hoe wettig dit was vir die ou om een te gee kan ek nie se nie, maar wanneer ons op die strand staan of hy saam krappe vang of sy grunter wil hou hoef hy oor niks bekommerd te wees nie.
 
IWyk

Sealiner
Elkeen is geregtig op sy eie opinie, maar ek sal maar die antwoord volg van Natuurbewaring en dan is ek binne die wet wat hengel lisensies betref sowel as die toegelate, hoeveelheid vis volgens hul regulasies, grote, seisoene en sak limiete.
 
Expat

Sealiner
I just renewed my fishing permit at the local post office. How do you boys and girls (M) interpret point number 3 and 7 under the “Permit conditions”?
 
Attachments

  • 20151016_121534.jpg
    20151016_121534.jpg
    42.7 KB · Views: 173

IWyk

Sealiner
My interpretation would be as follows.

Point 3-You need to stick to the daily bag limit. You can only take out one permit at a time. So you cannot buy two permits and then increase your shad total to 8 per day. Somebody must have tried this and therefore they changed the wording.

Point 7-you need your identification with you so that if checked while fishing they can verify that it is in fact your fishing permit you are using and not your mates.
 
kennylau

Senior Member
IWyk wrote:

I fully agree IWyk.
 
kennylau

Senior Member
IWyk wrote:
Debateerbaar, jy koop maar net n hengel lisensie(betaal n fooi om wettig te kan hengel) dit is myn insiens heel anders as n kontrak.

Definisie van n kontrak:
'n Kontrak is 'n regsgeldige ooreenkoms tussen twee of meer mense binne die perke van hul kontraktuele bevoegdheid. Mense wat 'n kontrak met mekaar aangaan, moet die ernstige voorname hê om 'n wetlike verpligting te skep. Hulle moet sodanige voorneme ook duidelik aan mekaar stel. Ooreenkomste tussen mense in die sakewêreld hoef nie altyd op skrifte wees nie, maar dit is veiliger om dit wel op skrif te doen. Daar is baie min tipes kontrakte in Suid-Afrika wat op skrif moet wees. Voorbeelde hiervan is: 'n Koopkontrak by onroerende eiendom, 'n borgkontrak, en 'n leerkontrak. 'n Eenvoudige ooreenkoms van een bladsy kan maklik sonder regshulp opgestel word. Die regte en verpligtinge van ál die betrokke partye vloei uit elke kontrak voort.
Regsgeldige kontrakte kan nie aangegaan word oor dinge wat deur die Wet verbied word nie. Kontrakte kan dus nie aangegaan word om 'n misdaad te pleeg of iemand as 'n slaaf te verkoop nie.
So volgens die definisie(wat in n hof staande sal wees) kan die visvang lisensie nie n Kontrak wees omdat daar n betrokke Wet is aangaande "recreational angling" , sien dik skrif bo.

Ek sal maar die antwoord van Natuurbewaring vat dat 10 jaar die ouderdom is vir visvang en 12jaar die ouderdom vir n Weskus kreef lisensie.

Ten minste het ons n antwoord van Natuurbewaring oor die ouderdom soos hulle dit sien en ook aangaande die "daily bag limit/possession"

Hallo Iwyk

Ek moet julle almal gelukwens met hierdie thread, die besprekings van die wet, die ondersoek van regulasies en die interpretasie van die wet. Ek glo vas baie mense het hieruit geleer.

Ek wil jou net gou op iets wys. Jou interpretasie hierbo is nie heeltemal in die kol nie. Die feit dat die wet bepaal dat kontrakte nie aangegaan kan word oor iets wat uitdruklik in die wet verbied word, nie beteken jy kan nie kontrakte aangaan as daar 'n wet oor iets bestaan nie. Daar bestaan wette oor alles. Dit beteken net dat kontrakte oor onwettighede nie aangegaan kan word tussen mense onderling nie.

Voorbeeld1:-

'n Kontrak tussen 2 mense om iemand dood te maak is onwettig en nie afdwingbaar nie omdat moord onwettig is.

Voorbeeld 2:-

Ek gaan met jou 'n kontrak aan dat ek vir jou 'n kar sal gee vir elke 2 karre wat jy roof of steel. Nou steel jy 4 karre en ek gee nie vir jou, jou 2 karre nie. Jy wil my nou hof toe vat want ek het kontrakbreuk gepleeg. Hierdie is 'n onwettige kontrak. Diefstal en roof word deur die wet verbied. Die kontrak is onafdwingbaar.

Dit gaan maar net oor die interpretasie van statute.

Die wet is veronderstel om duidelik te wees. Die wet is veronderstel om elke iedere aangeleentheid in die samelewing te reguleer. Dit mag nie onduidelik wees of dit aan die man op straat oorlaat om maar binne die wet te probeer bly deur te voldoen aan wat hy/sy dink reg of verkeerd is nie.

Ek is dus oortuig dat daar hier 'n leemte / gaping in ons reg is aangaande hengel lisensies aan minderjariges / kinders. Tans word slegs sekere aspekte soos "kreef" aangespreek, maar dit word nou van ons almal verwag om dit self toe te pas op alle ander aspekte van hengel. Dit is verkeerd. Die wet moet uitdruklik en verstaanbaar wees. Dit behoort nie nodig te wees om dit te probeer interpreteer om te bepaal of ons aan die regte of verkeerde kant van die wet handel nie.

((goodp_
 
IWyk

Sealiner
kennylau wrote:

Stem saam met wat jy se, maar in my opinie is dit steeds nie n kontrak, tussen wie ookal die lisensie/permit uitneem nie en die staat in die geval.
Daar is niemand van die staat se kant af wat langs jou teken nie.

Soos ek dit sien teken jy maar net daar om te bevestig dat jy betaal het vir die lisensie/permit en dat jy verstaan of gelees het wat is die wet/reels in verband met die betrokke lisnsie/permit.

So as jy gevang word kan jy dan nou ook nie se maar ek het nie geweet nie.

Yip verseker is die wet baie vaag en is nie duidelik in verband met sekere goed maar ek glo net soos jy hierbo noem dat ons almal iets geleer het en meer duidelikheid het oor die betrokke reels en regulasies al is alle vrae nog nie beantwoord nie.

Defnitief n baie goeie post en goeie insette aangaande.

((goodp_
 
kennylau

Senior Member
Ek stem heeltemal met jou saam. 'n Hengel-lisensie kan nie 'n kontrak wees nie. Dit voldoen geheel en al nie aan die bepalings waaraan 'n kontrak moet voldoen ten einde afdwingbaar te wees nie.

Voorbeeld:-

Indien iemand gevang word wat verkeerd optree in terme van die lisensie, word 'n kriminele sanksie deur die Staat ingestel. Hy kry 'n boete en / of tronkstraf ens. Die staat kla hom aan in terme van die wetgewing wat op die lisensie voorkom. Die staat gaan nie siviele hof toe omdat kontrakbreuk plaasgevind het nie. Kontrakte is daar om te verseker dat beide partye presteer. Beide partye moet dit wat hulle aan mekaar belowe het doen. Indien een party nie presteer nie is dit kontrakbreuk en probeer die ander party prestasie afdwing en/of die kontrak ongeldig verklaar. Prestasie is gewoonlik die een of ander finansiele belang en / of handeling in die plek van finansiele belang. (Ek gee geld...jy gee kennis)

'n Hengel lisensie is in leke terme 'n kennisgewing en/of opdrag aan 'n hengellaar en kan as volg verklaar word (Baie, baie vereenvoudig):-
" Mnr die Hengellaar, jy kan maar gaan hengel, die Staat het nie 'n probleem daarmee nie, dit is jou reg, maar....neem net asb kennis, jou reg is nie absoluut nie. Jy moet aan reels en Regulasies voldoen wanneer jy hierdie reg uitoefen. Jy betaal nou jou fooi en dan moet jy asb teken dat jy verstaan wat hier gemeld word. Sou jy enige van hierdie reels oortree, gaan die Staat sekere sanksies toepas want dit word deur die mense van hierdie land verwag. Indien jy tevrede is, teken daar...indien nie, moenie teken en/of betaal nie. Jy het dus nie 'n lisensie nie en het dus ook nie die reg om te hengel nie."

Die enigste kontrakte wat die Staat aangaan is ondermeer, werknemers-kontrakte en / of kontrakte met leweransiers wat werk vir die Staat doen teen vooraf ooreengekome besoldiging / betaling / prestasie.Hierdie kontrakte word deur die handelsreg ens. gereguleer en in terme daarvan afgedwing en /of ongeldig verklaar. Nie deur die Strafproses Reg nie.

Genoeg oor hierdie punt.

My posisie ten opsigte van minderjariges langs die hengelwaters is as volg:-

Die wet is vaag in hierdie verband. Dit word aan ons oorgelaat om te interpreteer. In hierdie einste thread se 'n meester op die gebied van Mariene Wetgewing dat hy verkeerde wetgewing gebruik het en 'n persoon van Natuurbewaring dienooreenkomstig.

Die wet behoort duidelik te wees ook in hierdie verband.

Dit behoort duidelik die volgende te meld:-

* Kinder onder die volgende ouderdom hoef nie lisensies te he nie, maar hulle moet onder toesig van 'n persoon met 'n lisensie hengel en as hulle oortree, sal sanksies geneem word teen die persoon met die lisensie. Alles wat in hierdie geval gevang word moet bymekaar getel word en aan die vereistes van 1 lisensie voldoen.

* Kinders bo die volgende ouderdom moet 'n lisensie uitneem. Hulle sal aan dieselfde sanksies onderhewig wees as alle ander mense wat lisensies het.

* Hierdie wetgewing ten opsigte van minderjariges sal geld vir alle aspekte van hengel, aasmaak ens.

Eers as bovermelde nagekom word sal dit duidelik wees. Tot dan is dit vaag en sal vervolging in hierdie verband bitter moeilik suksesvol wees. Te veel loopholes. "Wie beweer...moet bewys!" Die onus sal op die Staat rus om te bewys.
 
willem wikkel spies

Moderator
Staff member

beter gestel as dit on ek nie.

ok, dalk n keuse van woorde van my wat verkeerd was!
kom ons noem dit dan n delcartaion/ verklaring wat jy afle!

net soos kennylau dit stel.
jy teken dat dat jy dien oorkomstig alles verstaan, inhoud is reg en dat jy daarvolgens sal optree.
as jy nie daarvolgens optree nie moet jy maar jou pyne vat!

wat die ouderdom betref rakende kinders stem ek ook saam!
ek kry nie al my draaie nie, maar sal wel hoor wat die geleerdes in die verband se!

omrede die wet so vaag is en daar geen spesifieke ouderdom vas gestel is wanneer normaalweg gehengel word "nie kreef nie" sal ons as ouers dan moet instaan en opstaan vir ons kinders.

my kinders is immers onder my sorg en ek leer hulle.
dus is ek bereid om vir hulle op te staan.
 
Top