Winter Hengel

Brakkanjan

Senior Member
Ek het besluit ek gaan my PB hierdie jaar probeer verbeter en gaan dit weer gedurende die winter aanpak. Hierdie outjie is op pitte gevang, dink amper dit was nog gewone Koo pitte wat ingele was met die regte TCP .

So paar jaar gelede my geheime plek by die rivier hierdie outjie getrek, kan nie onthou wat sy gewig was nie. Dit was in die dae toe 'n 2.0 Megapixel kamera nog oop kole geloop het.

Rampokker is jy reg? Sal jou laat weet as die tyd reg is.

:raine
 

Attachments

  • PHTO0015.JPG
    PHTO0015.JPG
    45.3 KB · Views: 220

pjjdp

New member
Jy kan die koue op die water sien in die agtergrond. Lieflik. Ek mis dit eintlik.
Ons het nie sulke dae hier onder nie.
 

Waldok

Senior Member
Ek sien ook die winter aankom, ek moet n game plan he die winter !! Al moet ek my arms afgooi vir afstand, of ek moet by n rivier gaan vang soos Brakkie. Het verlede jaar my eerste blank gekry by ons klub komp gedurende die winter. Niks lekker nie.
 

PI

Senior Member
Ek like winter hengel kwaai. Dit skei die manne van die muise...
Ons vang miskien minder, maar gewoonlik is die size beter... :)
 

LeonK

Member
brak ek se jou wat. ons gaan vat die rivier n bietjie aan in jou omgewing, en daarna gaan wys ek jou n bietjie privaat waters anderkant parys.
daar waarborg ek jou jou pb
 

Brakkanjan

Senior Member
Dankie Rampokker!! Great stuff. Hier is een van my pa se outjies wat daardie selfde oggend uitgekom het.Was ook met TCP mielies maar ek dink hy het 'n Vanilla en Custard broodjie oor die pit gevorm dat dit soos 'n traandruppel lyk.

Vis is weer vrygelaat. Ek het verlede jaar eenkeer daar gaan hengel toe spawn die vis wat hierdie karp van my pa soos 'n baba laat lyk. My pa het al 'n groter een getrek met wurm daar.

As mens maar net hierdie klas vis kan vang in 'n comp!
 

Attachments

  • herman 449.jpg
    herman 449.jpg
    64.7 KB · Views: 160

Bruggie

Sealiner
My vrou se tannie bly in drie riviere en het n stukkie grond daar.Miskien moet ek bietjie die winter daar gaan probeer.
 

LeonK

Member
ek sit ook nou en kyk na daai oewer en ek moet se dat dit nogals heel grand lyk. niks modder nie en geen walle waarby mens kan afkletter nie.
brak het jy nie n oewer iewers langs loch vaal waar mens kan hengel nie?
het jy al iets gehoor van daai ander manne? is die plek weer oop?
 

Naruto

Sealiner
Waar is julle manne se gunsteling winter venues? Ek wil hierdie jaar nog Erasmus gaan toets vir n naweek. Hopelik kry ek n grote.
 

PI

Senior Member
Naruto: Verseker die Vaaldam. Ek vang maar die meeste van die tyd by die stand, maar ek like ook Rosslee.
 
Top