instad killing all the big carp wy dont you build a big pond by your house take them here pu them in there and sell them to private dams where they would love big cap like that to stock there dams???????? And that way you can kill all the smaler carp! Just my 2million zim cents
Ek kry more die stats van al die visse wat die naweek gevang is,
Het self net 1 Karp van die 4 wat geweeg is gevang, die 5de karp wat gevang is deur een van die ander lede het "Ontsnap" uit die net uit, was 6 kg gewees.
My klub hengel 2 x karp toernooie teen Namibie volgende jaar.
Ek het juis vandag vir Anton genoem dat on een van die toernooie hier moet hengel maar ons sal gewis al die vis terug plaas, Anton sal dit met Namibie se natuurbewaring reel.
Die ander toernooi sal weer soos altyd in Hardap plaasvind. Ons vang darem to 1000kg karp teen 4kg gemiddeld in 72 uur toernooi.
Hoe lang stuk oewer is daar beskikbaar op julle venue waar julle hengel, ons sal tussen 600-900m nodig hê vir die ontwikkeling Internationale kompetisies.
Ons het 15km oewer beskikbaar waar ons hengel, jy moet my groot asb laat weet wanneer julle wil deurkom en ook wanneer julle die Hardap gaan doen. Daar is nog 'n Dam daar naby waar natuurbewaring die karp hengelaars se hulp nodig het.
ons sal iewers in Sep teen hulle op Hardap hengel en moontlik in laat April of Mei in die Oranje wel as dit goed gaan dalk beide kompetisies in die Oranje want dan ontmoet ons mekaar half pad.
My persoonlike gunsteling dam is Swakopoord sowat 180km NW van Windhoek.
Karp en Kurpers soos geen dam wat ek ken nie. Het in 48 uur daar 740kg karp teen 'n gemiddeld van 3.86kg gevang
Rooibors kurpers van oor 1.5kg op boilies en pitte op haar strop ook.