Why do some people criticize

dynamicthings

New member
You go out for a day to enjoy yourself, you are relaxing and enjoying the nature around you and the scenery . Fish size don't count as you are there to enjoy yourself.You do fish care,have an unhooking mat and release all your fish for the future generations also to have the same in years to come.Then you get a person who will have alot to say about you catching 2kg + carp and run you down.You are wasting your time why ,you must go for the big fish etc.Then you loose a fish and now you have damaged its mouth and your hooks are wrong and your method of fishing is (no swearing please, even if it is disguised).Why can't I just fish and enjoy myself
 

supa-m

New member
jy weet mense raak jaloers mense voel beter oor hulself as hulle ander af gekraak het . ek onthou my eerste klub kompetiesie ek is nuut tot die kompetiesie ding en ek het nie net borge en geld om alles te koop soos die mense wat langs my sit nie en die persoon wat twee penne van my sit se toe kyk hoe lyk sy goed en dit het my heeltemal afgekraak en ek was heeltemal onder druk en onseker oor my gery en toe blank ek . ek het toe gaan oefen en vir myself gese dat (dit is wat vir my werk)soo toe oefen ek en ek konsentreer op my gooie en doen navorsing en vra vrae en toe die volgende klub kom toe vang ek die persoon in sy maai in so as dit is wat vir jou werk doen dit moet jouself nie aan ander steur nie
 

Vleipadda

Senior Member
dynamicthings wrote:
You go out for a day to enjoy yourself, you are relaxing and enjoying the nature around you and the scenery . Fish size don't count as you are there to enjoy yourself.You do fish care,have an unhooking mat and release all your fish for the future generations also to have the same in years to come.Then you get a person who will have alot to say about you catching 2kg + carp and run you down.You are wasting your time why ,you must go for the big fish etc.Then you loose a fish and now you have damaged its mouth and your hooks are wrong and your method of fishing is (no swearing please, even if it is disguised).Why can't I just fish and enjoy myself

Dyna jy weet wat ek altyd se dit gaan nie oor groot vis nie maar fish care so te hel met hulle ek sal jou later bel meneer
 

PI

Senior Member
Moet jou nie steur aan die fools nie. Maak seker dat jy jouself geniet. Hou by die fishcare en die res kan gaan doppies blaas.

Dit is menslik om ander mense te probeer afkraak om jouself beter te laat voel. Gelukkig het ek n dik vel, dit pla my glad nie, eintlik motivate dit my net om beter te doen.

PI
 

wmpruis

New member
Groot deel van die bietjie sukses wat ek in die lewe beriek het is as gevolg van my onnooselheid (Hoor nie as iemand kritiseer nie). My vrou vertel my na die tyd as ons by mense was hoe hulle my probeer af breuk oor my bietjie sukses wat ek behaal het. Ek hoor net wat ek wil hoor en dit is geen slegte kommentaar nie. Ignore slegte dinge wat ander mense jou se - dit werk nog my hele lewe lank vir my.

Kyk maar na daai ou, either hy het al niks gevang nie of dit is dalk die eerste keer wat hy ooit iets groots vang.

Ek leer nog baie wat visvang aanbetref en niks gaan my keer om die beste te wees nie.
 

LeonK

Member
ek pas fish care op my manier toe en hengel soos ek wil omdat ek dit geniet.
as daar fout was met my fasset sou natuurbewaring al lankal n stokkie daarvoor gesteek het.....of my lisensie sou gese het net een hoek per lyn......of hy sou gese het ek mag nie die vis skep met n gevlegde skepnet of mag nie die vis in n gevlegde hounet sit nie....om nie eers te praat van die unhooking mat nie.
dit wat ek toepas doen ek om my stukkie vir bewaring te doen maar ek gaan nie n ander persoon afkraak omdat hy nie my manier van fish care toepas nie....solank hy ook nou nie gaan staan en visse rondskop of rondsleep op die oewer nie.....behalwe die klein geletjies en lastige witvis in die kaap...LOL (JOKE NET)

die begrip van fish care verskil by ons almal. een ou sal sy vis op die gras neersit, n ander ou gebruik n unhooking mat.

op die einde van die dag, die visse word steeds in hulle bekke gehak met metaal hoeke..dis mos wat ons hengelaars doen.

en as ek lus is om grotes vang, dan weet ek waarheen om te gaan en gaan vang dan grotes.

oom dyna ek verstaan waar jy vandaan kom en sulke goed irriteer die heilige snot uit my uit.
 

Herra

New member
Kyk hierso ne. Ek se net as ek nie vra vir n iemand se opinie nie, moet dan nie vir my jou opinie gee nie. hou dit ver jou self want ek het n vreeslike kort humeer as dit kom by slim mense wat net weet hoe ander mense moet opperate. Ek sal net vir daai ou wat van beter weet mooi verduidlik waar en hoe hy sy opinie kan stoor en gelukig pla negatiewe opinies my glad nie want ek is n positewe gelukige mens. Al is my spelling swak.:headb
 

Schobies

New member
Ek ry nie 'n fancy 4X4 nie, as ek die geld gehad het sou ek een koop. Ek hengel met wat ek kan bekostig en ek GENIET dit, ja ek kyk met groot oge na al die mooi stokke en katrolle wat my buurman het, sy mooi viskas en stand maar ek is nie jaloers nie. Ek check my lotto ticket gereeld en werk hard vir wat ek het. Net so glo ek dat ek niemand kan kritiseer oor wat hy besit nie, veral as dit nie beter as myne is nie, ek het nog nie in daardie man se skoene gestaan nie en weet nie watse probleme hy het nie.Die manne wat ander kritiseer oor aardse besittings is naief. Ek het nog nooit 'n lykswa met 'n sleepwaenjie vol besittings wat saamgaan gesien nie. Dyna geniet wat jy het en doen jou bes, daai ander man is daar om sy besittings te meet in plaas van om vis te vang. Welgedaan met jou reaksie ou maat, dit gee jou meer bevrediging as wat ou 'critic" ooit sal beleef.
 

Naruto

Sealiner
Eks nog sover gelukkig gewees wat kritiek aanbetref. Dalk kom ek te nors voor langs die water en dan los die manne my uit. Ek kan eerlik se dat as ek vis, ek soveel as moontlik doen om nie vis te laat vrek nie. Gedurende komps kom die vis nie eens naby die oewer tot dit inweeg tyd is nie. Al die vis word by die net onthoek en dan in die net gegooi. Social het ek nie eens n net nie. Die vis gaan reguit water toe. Soms onthoek ek sommer die vis terwyl ek hom nog speel(long line unhooking)...lol! Ekt gedink om een van daai groot 90l plastiek baddens te kry en dan water in te sit en dan die vis daarin te onthoek. Wat dink jul manne daarvan?
 

Schobies

New member
Naruto ek glo nie die bad gaan werk nie, veral in die somer gaan daai water vrek warm word. Vis wat jy daar onthoek sal ook probeer wegkom en netnou spring hy uit die bad uit. Vis in water is mos seepglad.
 

Marthin

Sealiner
My maat, vang net vis om dit te geniet.... dit is niemand se besigheid nie.... gaan kyk my wat maak langebaan magic thread in die saltwater section.

Dit gaan nie altyd oor PB's nie....
 
Top