What 10ft Rods

CARP1

Sealiner
Dis beslis 'n moontlikheid.Dalk moet 'n ou bly by wat vir jou in die verlede gewerk het.

Ek het nog nooit probleme met die 92247's gehad nie.Ek verkies 'n langsteel hoek omdat ek baie met wurms hengel,veral in die Vaal.Die #10's werk great.Geen pulls nie,nog nie hoek gebreek nie en hy is klein genoeg dat enige muddie hom met gemak kan optel.
 

LeonK

Member
carp dis juis my redenasie. hoekom aan iets verander as hy nie gebreek is nie.
ek het ook my les geleer so ek gaan ook maar terug na my ou hoeke toe. 0.8's werk nie vir my nie.
 

CARP1

Sealiner
Bruggie het Sondag met groter hoeke gehengel by Boschkop.Ken nie die maak nie,maar dis omtrent tussen 'n #6 en #8,en hy het goed gevang.'n Hele paar Muddies ook.

Die hoeke het vir my te groot gelyk in die begin,maar hy kry sy vis daarop,so wie is ek om te se dis te groot? Veral nadat hy my agterent bietjie geskop het.....;-)
 

Naruto

Sealiner
Rampokker wrote:
moenie fear none voor my penmaat noem nie....hy raak huilerig.::cavmn

hengel ons nie dalk nou met TE klein hoeke nie (net omdat n ander ou se dit werk vir hom nie)
Eks nou juis oppad om my #2 hoeke aan te vul.
 

Waldok

Senior Member
Ek het n vraag. As die ouens praat van 10 voet stokke, en hoe ver hulle kan gooi, 100meter of 120 meter. Hoekom wil jy so ver gooi met n 10 voet stok, is die doel van n 10 voet stok nie juis om naby te hengel nie? So wat maak dit saak hoe ver hy gooi? Ek sien almal op die thread het 12 tot 13 voet stokke anyway.
 

Naruto

Sealiner
Waldok wrote:
Ek het n vraag. As die ouens praat van 10 voet stokke, en hoe ver hulle kan gooi, 100meter of 120 meter. Hoekom wil jy so ver gooi met n 10 voet stok, is die doel van n 10 voet stok nie juis om naby te hengel nie? So wat maak dit saak hoe ver hy gooi? Ek sien almal op die thread het 12 tot 13 voet stokke anyway.

Dis wat ek ook se.
 

CARP1

Sealiner
Ek stem saam.Die vrou se Torpedo's is 'n goeie punt.Jy kan met 'n M0 enigiets van 20m tot 70m gemaklik cover.

Enigiets verder as dit is dit maar tyd vir die langer riete.As ek my 10ftrs gaan kry sal dit juis hulle wees.
 

LeonK

Member
as n ou so ver kan gooi met 10' stokke, hoekom nie. jy behoort meer akkuraat te gooi met n korter stok. maar....elkeen hengel verskillend. as ek oor 100m meer akkuraat kan gooi met my 10's dan gaan ek hulle eerder gebruik.

dis net my opinie
 

Mazdadrifter

New member
Hi julle.

Ek het net 'n voorbeeld van die stok se "werkverigting" gegee. Ek hengel 95% van die tyd met my 10 voet Thundercasts en ek hengel tussen 60m en 100m meeste van die tyd.
 

CARP1

Sealiner
Rampokker wrote:
as n ou so ver kan gooi met 10' stokke, hoekom nie. jy behoort meer akkuraat te gooi met n korter stok. maar....elkeen hengel verskillend. as ek oor 100m meer akkuraat kan gooi met my 10's dan gaan ek hulle eerder gebruik.

dis net my opinie
Dis waar wat jy daar se,maar as jy 10ftrs het wat oor die 100m kan gaan,hoe gerieflik hengel hulle op 20-40m?
 

Bakebeans

New member
My idee is om 'n stok te koop wat baie lig is en ek het nie nodig om verder as 60m te gooi nie.

Ek het 12's 13's en 14's as ek moet ver gooi.

 

So ek sal se die punt van 'n 10 is om naby te hengel en om so lig moontlik te wees - Dit is wat ek dink, as jy met 10's ver wil gooi en hengel dan is dit so.
 

Bakebeans

New member
Ek soek 'n 10 wat lig is en so op 60m kan hengel.

 

Vir my is 'n 10 net 'n baie ligte stok wat ek heel dag muddies op kan vang.

Hy moet ook lekker sag wees.
 

shuraj

Sealiner
Bakebeans , try the 10ft  blue marlin magnaflex  out this value for money.

@ rampokker  agree with you , why fish with a  heavier and longer rod when you can fish at 120m with your 10 ft .

However most of the fish is caught  between 30m and 120m , it is only for big comps that the fish move out  and extreme distance is required ,because of all the anglers pulling up at once t the venue.

this is what i experienced when doing provinicial and club comps .

Just my 5c
 

LeonK

Member
carp ek moet se dat my black stallions 10' gerieflik op 20m tot max hengel. max sal seker in die omgewing van 110m wees.

bakebeans gaan voel n bietjie die black stallions.
 

Bruggie

Sealiner
Die hoeke is 9555's.Ek hengel al seker 6 jaar met hulle.Die rede hoekom ek met hulle hengel is, ek het 95% van die tyd met die kanoe gehengel en vir die groter vis gegaan. Ek het onlangs eers begin meer aandag gee aan spoed hengel en kol gooi. Ek het direk oor geskakel met dieselfde hoeke en al baie sukses gehad. So hoekom wil ek my hoeke verander?

Soos julle sê: As n ding werk dan verander jy hom mos nie??!!
 

CARP1

Sealiner
Ek stem,Brug.Jy het by Boschkop gesien hoeveel hookpulls ek en Sam gehad het met die nuwe hoeke.Gaan Saterdag weer 'n goeie voorraad 92247 #10s kry.
 

Bruggie

Sealiner
Goeie dag meneer!! Jy is seker vrek besig by die werk.Maar stil die laaste ruk. Die enigste ding met die 9555's is as jy so 3 visse van 5-8 Kg gevang het dan buig hy oop.
 

Naruto

Sealiner
Bruggie wrote:
Goeie dag meneer!! Jy is seker vrek besig by die werk.Maar stil die laaste ruk. Die enigste ding met die 9555's is as jy so 3 visse van 5-8 Kg gevang het dan buig hy oop.

Eks sal enige tyd n hoek opoffer om 3 5-8kg vis na mekaar te vang.
 

CARP1

Sealiner
Nog nie daai probleem met die 92247's gehad nie.Dis effetief maar net die lansteel-weergawe van die 9555's.

Het Bloemhof in die winter met die #4's aangevat en geen probleme gehad nie.
 
Top