Weermag Storie

Otto

Senior Member
Liewe Ma en Pa,

Dit gaan goed met my. Hoop om dieselfde van julle te hoor.

Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees, is baie lekkerder as om vir Oom Klaas te werk.


Hulle moet sommer gou kom aansluit voordat al die plekke gevul word.

Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper 06:00, maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap.


Sê vir Wouter en Koos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad te maak en goeters blink te vryf.


Nikse ge-varke voer, koeie melk, mampoer meng of braaihout-kappery nie.  



Jy doen amper niks!


Manne moet nog skeer, maar dis nie so erg nie, want daar's lekker warm water.

Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en bacon, maar minder sterk op steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek.



Maar sê vir hulle jy kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net van koffie leef, gaan sit.  


Hulle kos plus joune hou mens darem aan die gang tot twaalfuur toe wanneer ons weer gevoer word.

Hierdie dorpsjapies kan nie  juis ver stap nie.


Ons gaan op roetemarse, wat ons taai sal maak, sê die Sersant.


As hy so dink, is dit mos nie my plek om hom reg te help nie.  


'n Roetemars is omtrent so ver soos tot by ons posbus by die plaashek.


Daarvan kry die dorpsjapies blase en seer voete en dan ry ons almal lekker terug in lorries.


Die veld is mooi hier, maar baie plat.

Julle gaan julle morsdood lag as julle hierdie stuk hoor. Ek bly medaljes kry vir skyfskiet. Ek weet wragtag nie hoekom nie.


Die bulls-eye is net so groot soos 'n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie. En dit skiet nie eers terug soos daai Venters van die buurplaas nie.


Al wat jy moet doen is om doodstil te lê en dit raak te skiet.  


Jy hoef nie eers jou eie ammunisie te herlaai nie, dit kom klaar in bokse.

Dan is daar wat hulle noem "hand-to-hand combat training".


Jy stoei met die dorpsjapies van die stad af.  

Ek moet baie versigtig wees, want hulle kry maklik seer.


Dis nie soos om met ons ou stoetbul, Swart Duiwel, by die huis te stoei nie.

Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peloton het, behalwe vir Groot Jan Jordaan van die Bosveld.


Hy het saam met my aangesluit. Maar ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70 kg -- en hy is 6 voet 8 en weeg maklik 150 kg, droë gewig.

Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander ouens uitvind van die ongelooflike Army setup en hier aangestorm kom!

Julle liefdevolle dogter,  
Ester
 

Fanie

Sealiner
Haai Otto,

Wie was dit wat vertel het van tannie Esme wat die troepe se versoeke gelees het - toe se sy hierdie troepe moet vreeslik baie van hulle korporaal hou want hulle stuur elkeen vir hom 'n toffie :-D


Ja nee my maat, dit was maar 'n ander tyd gewees daardie. Ek en 'n pel het nou die dag oor ons wedervaringe gepraat en 'n klomp ou ka... ek meen koeie uit die sloot gehaal.

Teen vandag se poef lyk destyds soos 'n fulletjie... of was ons toe net te jonk om van beter te weet ?

LOL, my boetie vertel hulle het een aand patrollie op die rivier gery met 'n rabber dak. Een slim swaap vang toe so opgeskote krokkedilletjie met die hand en gooi hom in die boot.

Nodeloos om te se die krokkie was vasberade om homself op enige moontlike manier (wettig of onwettig) te verdedig - en daar sit die vier ouens op die dak se pontoon, krok binne en nog meer krokke buite...
 

Fanie

Sealiner
Ons ry voertuig onderdele konvooi van Pretoria na Potch. Soos gewoonluk is die army agter die tyd en toe ons ry is ons laat - die girls wag !

Die wat nie weet hoe 'n konvooi werk nie, die konvooileier ry met 'n Stout bakkie, gaan die bedfords waarmee ons ry een vir een verby, trek af en herhaal die verby ganery sodat hy kan sien dat elke voertuig ok is.

Ek en Mc'Millan - so lang maer slap Engelsman kommunikeer so deur die ryery en besluit om 'n kraak te maak. Pappa, toe daai Stout bakkie aftrek toe looi ons die bus ek meen Bedford. Ons sinne was nie 'gagawern' nie en hulle loop soos 'n haai op 'n hout katrol.

Ons het in die kamp aangekom, ons spoares ingeboek, en het al reg gestaan om te loop toe die res van die konvooi daar aankom. Een briesende stafsersant bestorm ons, waarom jaag ons so !

Ons se vir hom ons het nie gejaag nie - ons het nooit oor die 80km/hr gery nie. LOL, hy gil dis MYL PER UUR, nie KM PER UUR NIE. Ons het natuurlik geweet... en ons het nie net 80 gery nie, dit was meer soos 100 myl per uur plus. Sy Stout bakkie kon ons nie eers inhaal nie :-D
 

Fanie

Sealiner
Jy het natuurlik karakters van alle kleure en geure daar gekry. Een van ons karakters staan wag by die kamp se hek omdat ons kwansuis droog gemaak het. Almal is die hoeners in want wagstaan is seker die' mees verppeslike ding om te moet doen.

In elk geval die knaap staan by die hek en een of ander genraal word daar aangery deur sy drywer - sonder sy ID. Wel hy kom gereeld daar in en almal weet mos wie hy is - maar nie vannaand nie !

He he, die geraal se die drywer moet inry, die knaap se nee ! en toe die voertuig ry steek die knaap die generaal se wiele met sy bajonet stukkend.

Vervalks, die ou kry 'n hele week pas omdat hy so streng opgetree het, maar toe' is die ouens wat daar in kom lugtig. As jy se ID dan gee hulle die ID's, want almal wil toe net wiele stukkend steek om pas te kry :-D
 

Fanie

Sealiner
Ek wonder of iemand dalk 'n Johny Hooneberg ken en of hulle nog lewe. Ek het laas gehoor hulle het Namibie se kant toe verhuis.

Ek het naweke hulle kinders gebaby sit sodat hy en ma bietjie kon uitgaan. Sy rooikop (een was vlammetjie) meisiekinders was mal oor my, hulle moes hulle letterlik van my af skeur sodat ek kan huis toe gaan.

LOL, ek het intussen my flair verloor want deesdae loop die vroumense wye draai om my... ;-)

*sug* Die goeie ou dae ne'.
 

Fanie

Sealiner
Nou ja daar's baie werdervaringe wat mens nie kan oorvertel nie en daar's dinge waaroor mens nie praat nie.

Hoe vertel jy vir iemand die gevoel wat jy ervaar as 'n luiperd 'n bobbejaan 30 / 50 meter van jou af skraap in 'n boom... die gebrul, die bobbejaan se skreeu wat tot in jou gebeendere indring... dit klink asof jy in die donker gordyn aan hulle kan vat HIER BY JOU.

Bogger as jy weet alles in die bos kan in die nag baie goed sien, net jy nie... ;-)

Storike lelies.
 
Top