Liewe Ma en Pa,
Dit gaan goed met my. Hoop om dieselfde van julle te hoor.
Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees, is baie lekkerder as om vir Oom Klaas te werk.
Hulle moet sommer gou kom aansluit voordat al die plekke gevul word.
Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper 06:00, maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap.
Sê vir Wouter en Koos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad te maak en goeters blink te vryf.
Nikse ge-varke voer, koeie melk, mampoer meng of braaihout-kappery nie.
Jy doen amper niks!
Manne moet nog skeer, maar dis nie so erg nie, want daar's lekker warm water.
Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en bacon, maar minder sterk op steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek.
Maar sê vir hulle jy kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net van koffie leef, gaan sit.
Hulle kos plus joune hou mens darem aan die gang tot twaalfuur toe wanneer ons weer gevoer word.
Hierdie dorpsjapies kan nie juis ver stap nie.
Ons gaan op roetemarse, wat ons taai sal maak, sê die Sersant.
As hy so dink, is dit mos nie my plek om hom reg te help nie.
'n Roetemars is omtrent so ver soos tot by ons posbus by die plaashek.
Daarvan kry die dorpsjapies blase en seer voete en dan ry ons almal lekker terug in lorries.
Die veld is mooi hier, maar baie plat.
Julle gaan julle morsdood lag as julle hierdie stuk hoor. Ek bly medaljes kry vir skyfskiet. Ek weet wragtag nie hoekom nie.
Die bulls-eye is net so groot soos 'n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie. En dit skiet nie eers terug soos daai Venters van die buurplaas nie.
Al wat jy moet doen is om doodstil te lê en dit raak te skiet.
Jy hoef nie eers jou eie ammunisie te herlaai nie, dit kom klaar in bokse.
Dan is daar wat hulle noem "hand-to-hand combat training".
Jy stoei met die dorpsjapies van die stad af.
Ek moet baie versigtig wees, want hulle kry maklik seer.
Dis nie soos om met ons ou stoetbul, Swart Duiwel, by die huis te stoei nie.
Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peloton het, behalwe vir Groot Jan Jordaan van die Bosveld.
Hy het saam met my aangesluit. Maar ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70 kg -- en hy is 6 voet 8 en weeg maklik 150 kg, droë gewig.
Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander ouens uitvind van die ongelooflike Army setup en hier aangestorm kom!
Julle liefdevolle dogter,
Ester