Stefan Engelbrecht
Sealiner
Watse aas gebruik jy in die Somer? Hoekom gebruik jy daai aas? Hoeveel van jou lopies wat jy kry land jy? Hoekom dink jy verloor jy daai vis?
Ek gebruik geel competition floaties in die Somer. Ek gebruik hulle vir die kleur en nie vir die geur nie so as ek nie plain geel floaties kan kry nie dan vat ek 'n sagte geur soos Banjo/Banana/Mielie. Vis tel in die Somer vir my floaties makliker op as 'n deegie. Die twee damme wat ek vang het 'n modderbodem so ek vermoed dis hoekom die floaties so goed werk. In die winter kry ek weer beter resultate met 'n deegie veral 'n kerrie deegie. In die verlede toe ek nog met Supercast Superfeed gevang het met floaties en die tempo tel op het ek vis begin verloor. Ek het dan oorgeskakel na deeg en baie min vis verloor. My voer waarmee ek nou vang het nie popcorn in nie so ek ervaar min probleme met floaties. As ek die dag wel 'n vis of twee verloor na mekaar dan skuif ek die floatie na die hoek se ogie en dan land ek weer al my vis.
Ek vermoed dat die hoofrede waarom meeste vis op die konvensionele manier van aas aan die hoek haak verloor word is omdat die vis nie ordentlik gehaak word nie.