Was dit n elf?

die spook

Senior Member
More

Was eerste week van Januarie in St Francis. Het hard gehengel vir leeries in die rivier maar kon niks uitrig nie. Strike pros, bucktail en plugs het nie gewerk nie. Ek sit toe n Mccarthy goudvissie aan en op my tweede gooi, terwyl ek wag dat die minnow sak, voel ek drie rukke aan my lyn. Katrol uit en gewaar dat my vissie moertoe gebyt is.

Kon dit n elf gewees het? Ek was geskok omdat dit net op die tv gebeur. Ek heg n foto aan.

Groete
 

Attachments

  • minnow.jpg
    minnow.jpg
    16 KB · Views: 380

Bevid

Sealiner
Dit kon beslis n elf gewees het ja. Het self al n paar op plastics gekry. Ding is as jy weet hulle is daar moet jy redelik vinnig retrieve. Dit verhoed dat jy baaie van jou vis miss.
 

Stapies

Sealiner
Ek stem 100% met elf saam. Ek spin baie in die kleibrak rivier vir elwe, leeries, kob, skippys... Dis net die elwe wat dit doen... Ons kry grotes tot so 6kg wat ons gryp maar jy land hulle nooit.

En die elwe like ook 'n baie slow retrieve en gryp my altyd as ek vir kob try. En baie net na jy gecast het en jou paddle tail sink nog. Probeer volgende keer die Pala Pala dancing worm(was glow worm). Elf se dood!
 

die spook

Senior Member
Hi manne

Ek het rerig nie die byt verwag nie. Die hengel was maar swak hahahaha. Ek het natuurlik geskree dat dit n moerse groot elf moes gewees het, maar ek het vergeet dat selfs klein bytjies erg groot voel op braid.

Stapies jy se daars mooi elwe daar? Sal definitief daai wurm ding probeer volgende keer. Dankie!

Aqua en Bevid, weet julle hoe goed is leeriehengel oor die algemeen in St Francis?
 

aquadementia

Sealiner
usually small garrick in the Krom, sometimes they are high up though. Seekoei and kabeljous also good spots when they have fish, this depends on the mouth being open etc

gamtoos always has hordes of them
 
Top