Voorstelle vir Rosslee

bronx

New member
Hello almal:fishn

Ek is nuut hier by julle op die forum. Ek het verneem julle is 'n klomp behulpsame mense wat saam gesels, so ek het besluit om aan te sluit en hopenlik kan ek baie by julle leer. Ek wil sommer met die deur in die huis val en vra wat sal julle aanbeveel vir Rosslee, ons volgende klub kompetisie is daar en ek is glad nie vertroud met daardie water nie, so enige raad oor aas, afstand en gedeelte van oewer wat beter vangste lewer sal waardeer word.

Dankie.
 

Brakkanjan

Senior Member
Hallo Bronx, dinge op die Forum sal bietjie stil wees met die vakansiedae-as die ouens weer op kantoor is sal dit ook beter gaan, so moet nie dink mense wil jou nie terug antwoord nie.

Ek hengel die 7de Club Comp ook by die Vaaldam en my kombinasies wat ek gaan gebruik is die volgende:

  1. TAC / Ebony / Almond [/*]
  2. GTV / Strawberry [/*]
  3. Perdeby / Banjo [/*]
  4. Pink Sweets en Devils Fork [/*]
  5. Honey Glow en Has Been (Middig se kant as dit warmer word)
[/*]
Ek sal verseker duiwelsdrek ook naby he vir ingeval.

Ek gaan plain soet wit deeg en floats gebruik. Ek gaan ook 'n heuning bruinbrood backing saamneem. Ek gaan Supercast voer gebruik met die sirkeltjie en bietjie Custard poeier ook inskud.

Miskien een stok 'n pit opsit en langer laat le asook maksimum diepte cast. As die wind nie waai nie baie lig hengel met rietvlei stroppe met M1 gewigte. Ook het ek genoeg stroppe gebind, ek het omtrent 120 stroppe, rietvlei en Gly-Vaaldam wat ek saamneem asook 20 spaar leaders.

Elke 4de tot 5de cast SA Poeier skud.

Dis moeilik om te se dis wat jy presies gaan doen, ek verander op die ingewing van die oomblik sommer dadelik as iets nie vis gee nie.

Sterkte en laat weet hoe het dit met jou gegaan. Ek hoop net nie dit reen nie , dan le ek maar in lol.:::S

Ek het by my vrou so wasgoed-poeier houertjie gekry en plaas ekstra Stroppe daarin. Hierdie een het omtrent 70 stroppe in, M0.5-M3 en dan het ek nog so een vir my Vaaldam Traces (Dit maak dat my kas ligter is). Hierdie twee houers plaas ek in so groot plastiek krat saam met my voer. Dit help dat ek nie so baie los goedjies het soos in die verlede nie. Ek plaas my katrolle ook binne in.
 

Attachments

  • S5002208.JPG
    S5002208.JPG
    34.9 KB · Views: 81

bronx

New member
Hello Brakkanjan

Dankie vir die raad, ek sal defnitief van die kombinasies probeer. Ek sal julle op hoogte hou van hoe dit gegaan het. Soos jy sê ons hoop net dit reën nie.

 
 

Bruggie

Sealiner
Welkom by Sealine!!! Jy sal definitief leer hier op Sealine, dit is al oor en oor bewys.

Brak - Net n vraag: Jy sê jy hou so 20 leaders by jou, my vraag: Hoe maak jy leaders vooraf? As jy nou jou leader sê maar af gooi, het jy n sekere lengte van joyu leader lyn met n knip sowel of hoe?

Sorry ek vra, maar ek sit maar by die water nuwe leaders op.
 

LeonK

Member
welkom bronx

bruggie ek dink brakkanjan meet klaar sy leaders af, en sit n swiwwel op met n lussie aan die einde. dus kan hy hulle oprol op n tol en gebruik wanneer hy wil. ek het heelwat spoele en maak seker al my spoele het klaar leaders op. as ek n leader afgooi ruil ek net spoele om tyd te spaar.
 

Brakkanjan

Senior Member
Yes Brug en Rampokker!

Net soos jy daar se, klaar afgemeet en op die tol opgerol met 'n Snap-Swivel. Ek het slegs 2 ekstra spoelle. As ek 'n leader verloor ruil ek ook die spoel en maak dan reg terwyl ek wag vir 'n byt. Ek was baie gelukkig om nog nie so te haak dat ek uit spoelle of leaders gehardloop het nie.

Ek gaan Stevenson se lyn probeer as leader. Ook 9kg breekkrag soos die XX wat ek gebruik maar is 'n .35mm waar die XX .42mm is. (Altwee gelykstaande aan omtrent 20 LBS).

Volgende naweek vat ek 'n paar seuns vir wie ek skoolgee UJ toe vir die dag ;)
 

Bruggie

Sealiner
Ek sien, nooit daaraan gedink nie.

Dit kan net lekker wees, ek wens my onnies wou my op so n trip vat!
 
Top