Veldrif

JohanGPS

New member
Been fishing the berg river the weekend. Out of about 30 people only 2 small Shad came out, few Barbel
I think the events two weeks ago was the major factor.
Locals had illegal nets across the river and 11 tons of fish died. 6 boats confiscated and a few people to appear in court. Well done guys ! You will destroy everything you can lay your hands on !
 

lgeyser

New member
hi

i am new here and just wanted to know how you start a new post or is there a post for where you have been been ripped off by buying fishing gear
 

Koper

Senior Member
Johan :welcomesea:

Vertel bietjie meer van die nette asseblief, waar was dit, hoer op na die treinbrug se kant toe?

11 ton vis, was dit meestal elf & steenbras?

Bly die skuldiges is gevang.
 

Marthin

Sealiner
yip was al daar as hulle die nette inbring, hope klein elfies.... lyk soos daai fotos waaroor die ouens so huil in durban....

As hulle nou net die manne kan vang wat so net span tussen die riwwe voor die lapa vir galjoen in februarie maart as hulle skole maak....

As die rubberducks so sonder ligte in die nag verby kom en stop!

Een perd brag mos oor sy 70 galjoen met 1 net!
 

JohanGPS

New member
Die een klomp nette was gespan as jy verder rivier op ry, verby die Horse shoe waar daar n stroom links draai.
Blykbaar regoor rivier gespan. Toe die Kreef spietkops toeslaan toe jaag die manne blykbaar die bote in die riete in en hardloop. Die vis was toe daarvan na Jan se plaas geneem en daar in die polisie vangwa's, aangery om erens verkoop te word. Gerugte doen die rondte dat van die harder fabrieke van die vis gekoop het en toe nie te lank toe was die skuldiges daar om geld te eis by die harder kopers.
Steenbras, Elf, Kabbeljou en harders
Die ander gerug was dat nette ook meer na die mond se kantg gespan was maar dit kon nie bevestig word nie en dit maak nie sin nie, want daar sal almal dit sien. Daar waar hulle was volgens my bron gaan bitter min mense.
Die stropers kom in die nagte die rivier op na die nette toe. Terwyl ons daar was het daar geen bote weer in die nag gery nie,( ek was in elk geval reg om n 8 OZ sinker deur die boot te gooi met n 14 stok as hulle daar sou rond vaar) maar twee weke tevore het dit blykbaar woes gegaan.
Ek hoop hulle gebruik die geld om nog meer Kreef spietkops aan te stel en gebruik sommer daai bote wat afgeneem is om patrollies te doen. Ek het daar rond geseil maar niks meer nette gesien nie. Die ander gerug is dat die een ou koop weer die nette terug en die meeste manne het klaar weer hulle nette, plaas die geod verbrand was na fotos as bewyse geneem is.
Die hele storie was blykbaar in die lokale koerant ook, maar daar word net van 7 ton vis gepraat, maar blyk baar was nog vis gekry na die berig verskyn het.
 

JohanGPS

New member
Groot plesier.
Martin vertel ons asb meer van waar die manne dit doen en hoe, sodat mens kan uitkyk vir die tipe ding.
Ek het self n klein rubber duck maar nie almal van ons is skuldig nie...ok ek het darem die naweek een keer lekker gevloek toe my vrou my raak gegooi het met haar boot stok ten spyte daarvan dat ek haar prober help. het...jy ken mos die storie" as n man diep binne n woud saggies fluister waar geen vrou hom hoor nie, is hy dan nog steeds verkeerd? "
 

Marthin

Sealiner
Yip Johan, my vrou vang nog gewoonlik meer vis as ek!!!! So ek vat haar nie meer gereeld saam nie, nou begin die lightie met die selfde storie...

as jy tussen veldrif en die lapa hengel....

Die riwwe loop in sulke lang sloepe uit.... die manne gaan in die nag en span net tussen die riwwe, en kom dan weer die volgende aand en kom haal hulle.

As mens sit en hengel in die nag kan jy hoor hoe kom die duck sonder ligte van veldrif se kant af aan, stop en dan raak die manne doenig, en dan weer so rukkie later gaan hulle weer. Nooit n lig naby nie behalw n flits wat jy so paar keer gewaar as jy jou ligte af hou...

Soos ek se ek was in geselskap gewees waar een man gebrag het oor sy 70 in een nag, ons self het n skool raakgegooi een oggend in daai area waar jy gooi vir gooi vas met galjoen was, my een vriend het hulle later 2 op n slag gevang met n varswater strop. dis asof hulle in daai sloepe kom le op die regte tye.

Hulle maak seker op ander plekke ook so, dis net met daai plat water van die baai is dit maklik vir die mense om sulke nonsens aan te jaag!
 

Foxstrike

Member
Ek bly in Velddrif, glo my dai 11ton vis is nie een keer se ding nie. Dit gan al jare so aan elke liewe aand.so dis niks nuuts nie. wat basicly gebeur is die ouens vang n net vol elf partykeer en plaas van harder.Die dooie elwe word dan netso trug ini water gegooi want die vishuise koop dit nie aan nie. Paar jaar terug kon mens mooi size elwe in die rivier vang met lepels.Nou is dit dood. Hier is nou die tyd van die jaar onder maat steenbras in die rivier wat die locals emmers vol vang.of dit nou n hand size vis is of nie. Net nou en dan wat mens n groterige steenbras kry. so enige iemand wat hier vakansie hou, treinbrug is orait vir visvang, maar om eerlik te wees, ek hou van visvang en bly so 20jaar al hier ,maar ek mors nie meer my tyd in die rivier,want hiers niks meer.ek gaan vang maar in langebaan en sal nou en dan by Soverby gan sit. As jy n boot het, reg oorkant die lapa(wat nou afgebrand is) by soverby vang mens hotnotsvis
 

Marthin

Sealiner
Fox, is daai groen slyk nog so sleg daar by die brug??? ons het een nag daar gaan sit en maar moed opgegee en opgepak na so 3 ure.
 

Foxstrike

Member
Ja dis bad as mens n trip beplan en so ver ry en dan kry mens dit. In die winter vang mens groot karp op krewels.Ons buurman het verlede jaar n 17kg karp daar gevang
 

JohanGPS

New member
Foxstrike, ja sjoe dis darem slegte nuus. Wow ek het nie geweet dit gaan so rof nie...as ek nette kry haal ek gewoonlik uit, en steek die goed aan die brand. Gee nou nie juis eintlik om hoeveel honger mense gaan daar wees nie want as hulle dan regtig honger sou wees sou hulle met n stok en katrol kom vang het.
Dis so sad dat mense altyd alles moet uitroei. Dink nou net as dit die Elwe en Steenbras steeds mooi groot was en sommer genoeg van hulle...
Die oplossing sal natuurlik wees, gee vir elke ou wat n net kry R500 beloning en as iemand se boot afgevat word omdat jy hom ge rapporteer het kry jy die helfte van die geld by die verkoop van die boot.
Stel mense aan wat dit enforce en gou gou sal die stropery stop. Dit sal vinnig stop. Maar weet jy hoekom sal dit nie gestop word nie ? Want daar is geen geldelike waarde vir die regering daarin nie. Waarskynlik deel van die korrupte munisipale beamptes in die stropery.
Yip daar was twee weke terug baie, baie van daai groen gras. elke gooi was alles vol gras gewees....selfs my bootjie se anker tou was redelik vol gewees.
 
Top