Die een klomp nette was gespan as jy verder rivier op ry, verby die Horse shoe waar daar n stroom links draai.
Blykbaar regoor rivier gespan. Toe die Kreef spietkops toeslaan toe jaag die manne blykbaar die bote in die riete in en hardloop. Die vis was toe daarvan na Jan se plaas geneem en daar in die polisie vangwa's, aangery om erens verkoop te word. Gerugte doen die rondte dat van die harder fabrieke van die vis gekoop het en toe nie te lank toe was die skuldiges daar om geld te eis by die harder kopers.
Steenbras, Elf, Kabbeljou en harders
Die ander gerug was dat nette ook meer na die mond se kantg gespan was maar dit kon nie bevestig word nie en dit maak nie sin nie, want daar sal almal dit sien. Daar waar hulle was volgens my bron gaan bitter min mense.
Die stropers kom in die nagte die rivier op na die nette toe. Terwyl ons daar was het daar geen bote weer in die nag gery nie,( ek was in elk geval reg om n 8 OZ sinker deur die boot te gooi met n 14 stok as hulle daar sou rond vaar) maar twee weke tevore het dit blykbaar woes gegaan.
Ek hoop hulle gebruik die geld om nog meer Kreef spietkops aan te stel en gebruik sommer daai bote wat afgeneem is om patrollies te doen. Ek het daar rond geseil maar niks meer nette gesien nie. Die ander gerug is dat die een ou koop weer die nette terug en die meeste manne het klaar weer hulle nette, plaas die geod verbrand was na fotos as bewyse geneem is.
Die hele storie was blykbaar in die lokale koerant ook, maar daar word net van 7 ton vis gepraat, maar blyk baar was nog vis gekry na die berig verskyn het.