Vaalrivier

Brakkanjan

Senior Member
Vanoggend deel my vrou my mee dat ek en die Beer moet beweeg want sy wil skoonmaak.   Idiale geleentheid , want my baas het my genooi na sy seuntjie se visvang-verjaarsdag. In 'n haas gryp ek my een kort 8 voet stokkie en die Beer se R30,00 Special. Shimano Alivio 4000 an my Relix. Geen tyd vir degies nie en ek gryp  'n botteltjie pink Sweets Maggot Floats en Muddy Red Pitte, Original FX Fine voer.  

Daar aangekom en die Beer se stokkie gelaai met twee pitte en mieliebom, myne met 2 Pink Sweet Floats, en 'n mix van Glyserine en Pynappel Essence op die bol. Die aas het 55 Minute gele toe tel 'n mooi karpie die aas op.  

Drie ure later hardloop en ek agter daai 3 jarige seuntjie aan en visvang is iets van die verlede. Terug by die huis moet ek en die Beer gou uitpak want die vloere is nog nat. Ons sal weer so sessie deurmaak want dis lekker vir pa en seun om bietjie uit te kom en te bond ;)
 

Fanie

Sealiner
Ja nee dis ook maar goed so. As hulle aandag by die visvangery kon hou moes jy dalk agter hulle in die water in aan hardloop as iets groter daar voor optel...
 
Top