Brakkanjan
Senior Member
Daar aangekom en die Beer se stokkie gelaai met twee pitte en mieliebom, myne met 2 Pink Sweet Floats, en 'n mix van Glyserine en Pynappel Essence op die bol. Die aas het 55 Minute gele toe tel 'n mooi karpie die aas op.
Drie ure later hardloop en ek agter daai 3 jarige seuntjie aan en visvang is iets van die verlede. Terug by die huis moet ek en die Beer gou uitpak want die vloere is nog nat. Ons sal weer so sessie deurmaak want dis lekker vir pa en seun om bietjie uit te kom en te bond