Vaalrivier

Brakkanjan

Senior Member
Saterdag oggend het gekom en gegaan, vroeg opgestaan en met Def Leppard in die Hilux se Mp3 player gewikkel rivier toe, so om en by 15 minute se ry van die huis af.  

 

Daar gekom is ek begroet deur van die diertjies (Springbokkies).

 

Dit was baie koud gewees die oggend soos jy kan sien op die band langs die boothuis.
 

Attachments

  • S5001999.JPG
    S5001999.JPG
    57.4 KB · Views: 312

Brakkanjan

Senior Member
Ek het gebruik gemaak van gewone Popconvoer (The Original) en op die ander stok ook Popcorn voer met gekookte Peanuts en Hempsaad.
 

Attachments

  • S5002000.JPG
    S5002000.JPG
    65.5 KB · Views: 311

Brakkanjan

Senior Member
Rietvlei stroppe is gebruk en die volgende geure en kombinasies :

1. Banjo / Stuttafords.

2. FX en GTV.

3. Musk / Scopex Oil.

4. Bunspice / Caramel.

5. Banjo en Molasse.

6. TCP / Almond.

 

Verskillende floaties : Peach / Caramel X en Honey Glow.

 

Mielies : Honey en Bunspice en Almond.
 

Attachments

  • S5002004.JPG
    S5002004.JPG
    58.7 KB · Views: 311

Brakkanjan

Senior Member
Die rivier se water was met tye so glad soos 'n spieel, soms net 'n ligte wind maar baie koud.

 

Cheesegrillers en Skaapchops op die spyskaart ;)
 

Attachments

  • S5002006.JPG
    S5002006.JPG
    45.9 KB · Views: 309

Brakkanjan

Senior Member
Ou Brakkas het op die einde sy eerste keer geblank, eerste keer dat ek niks gevang het nie.

 

Ek het wel 'n byt op die stok gehad met die Peanuts en hemp en 'n great run op die stok met die gewone Popcorn voer. Ongelukkig het ek nie die vis raak gestrike nie.

 

Elke gooi was redelik akkuraat en ek het die aas lank laat le. Ek het met 'n 7 en 8 voet stokkie gehengel en so 30 meter van die kant af gegooi.

 

Die oulike plekkie sal my weer sien ;)
 

Attachments

  • S5002013.JPG
    S5002013.JPG
    54.3 KB · Views: 308

Unlimited

Sealiner
jus ek haat dit wanneer mens so erg uitsien na visvang, al die geld spend en ure spend om als reg te maak, dan vang mens niks nie.
 

Brakkanjan

Senior Member
Hey Unlimited! Bad day's fishing is better than a good day at the office.

Ag dit was bietjie bad maar steeds lekker om net uit te kom.

Ons het al mooi Karpe daar aangekeer en 'n baber het al my .55mm Suffix leader morsaf gebreek.


Sal hom weer aanvat ;)
 

Brakkanjan

Senior Member
Yes Vleipadda, jy moet daai bakkie van my sien, 1997 Hilux Double Cab. Die 2.4 liter (Selfde masjien as die Cressida).

Skamele 118 000 km op die speedo, bakkie het 'n cannopy en 'n difflock is later ingesit. Het nou van die see af 11.4 km per liter gekry. Ek is 'n absolute pyn in die dinges met daai bakkie.

Hy lyk beter as sommige karre wat slegs 'n jaar oud is ;) Eendag as ek groot is wil ek vir my 'n legend 40 koop.
 

LeonK

Member
daai is baie mooi water

brakkanjan kan enigeiemand daar hengel of moet mens toestemming kry?
waar is die plek?
 

Brakkanjan

Senior Member
Dit is by die Universiteit in Vanderbijlpark. Mens het toestemming nodig om daar te gaan vang ja by die direkteur van Beskermingsdienste.

Hulle reik vir jou 'n permit uit vir die dag wat jy dan toon as jy by die hek ingaan.
 

Naruto

Sealiner
Dankie vir die verslag. Gaan jy gereeld soontoe? En is daar baie mense wat daar heen gaan of is dit redelik stil?
 

LeonK

Member
die kampus-oewer gaan vir n geruime tyd gesluit wees agv diefstal van wild en mense wat die plek verwoes.

as ek so perd vang is n skaaprekkie sy voorland.
 

Louwtjie

New member
Hi Brakkanjan,

Die plek wat jy so noem,ek wil graag n lekker hengel spot kry om die lang naweek in Sept weg te gaan,dit lyk na n gaaf plek...wat is die plek se naam en het jy n mommer available?
 
Top