Vaaldam 8ft conoflex

Hello manne,kan julle glo ek loop toe by n visvang winkel in springs in twee vaaldam conoflex stokke vas.Ek se toe vir die vroutjie order nog 5 stelle,ek vat hulle.Laas vrydag gaan hoor waar die stokke is,nou ja sy se vir my sy kry nie.Wel ek het dit geweet ek wou net he sy moes dit nie weet nie.

Het iemand al met die blue marlins ltb gevang?Ek het van die blue marlins bestel om tetoets.Kan iemand meer inligting gee oor die stokke?
 

Flipe

New member
Hi Dirty Harry, ek het vier Blue Marlin LTB stokke en het nie enige klagtes nie. Twee van hulle is 7' en die ander twee 8'. Hulle is vir my stywer as die Conoflex Vaal stokke, en ek dink jy gaan n baber bietjie beter speel met hulle as die Conoflex stok. Ek was ook nou die dag geluukig om twee Vaal 90's by Hotstuff te kon koop.
 
Top