Vaaldam 2011

Brakkanjan

Senior Member
Manne

 

Ek hengel meeste van die tyd die Vaaldam, ek glo meeste van julle ouens ook. Kom ons help mekaar bietjie en gee inligting. Dit is nie spesifieke oorde nie maar die Vaaldam in die algemeen.

 5 Beste geur kombinasies: 

1.      Perdeby of Rooi GP met FX of Scopex Oil

2.      TAC

3.      GTV en FX

4.      Sweet Strawberry en Musk 


  • Aas op hoek
[/*]
 

    1. Honey/custard broodjie backing [/*]
    2. Slangwurms[/*]
    3. Plain Soet deeg[/*]
    4. Almond Floats
[/*]
  • Poeiers:
 [/*]
    1. Custard [/*]
    2.  Rooi SA
[/*]
 

  •  Voer en bymiddels: 
    [/*]
    1. Supercast Plain en ek gaan nou Spot On se John Bom ook begin gebruik [/*]
    2. Vanilla essence by Supercast voer [/*]
    3. Ek het haaspellets begin gooi in my voer
[/*]
 

  • Stroppe en Gewigte: 

    1.      Gly Rietvlei met M1.5

    2.      Gly Vaaldam met P2

    3.      Gly Vaaldam met P3

     

    Dankie manne.

     

    :SSS

     

     

     

     

     

     
    [/*]
 

Naruto

Sealiner
5 Beste geur kombinasies:
1. Perdeby
2. TCP
3. Vaaldam
4. Kiana
5. Bitter Almond
Aas op hoek
1. Degie
2. Floatie
3. Deeg/floatie

Poeiers:

1. Groen SA

Voer en bymiddels:
1. Carp-o-fix(normal)
2. Supercast Plain

Stroppe en Gewigte:
1. Gly Rietvlei met M0 of M1
2. Gly Rietvlei met P3
 

Brakkanjan

Senior Member
Naruto, wat is die verskil tussen almond en bitter almond? is die een soet? Watse verskaffer se almond gebruik jy?

Ek wil jou ook vra, het jy regtig baie sukses met die M0 gewig. Daai dingetjie is baie klein. Ek het nog nooit in my lewe eers een besit nie. Wat is die voordele om met so ligte gewig te hengel? Dit moet seker windstil ook wees?

 
 

Waldok

Senior Member
Die tips is nice, maar watse kombinasies word gebruik.

1. Devilsfork
2. Strawlic
3. Tjop tjop
4. Looti
5. Vicks
6. Skarumba
7. Banjo
8. Stuttafords
9. Honey glow
10.En natuurlik FX

Voer: Hang maar af waarvan jy hou. Supercast en Lemmetjies is die wat ek maar gebruik.

Stroppe: Justplainshark se Rietvleis, gewoonlik M0 of M1, nie sommer swaarder as dit nie.

Hoekaas: Altyd SWD net so, en die ander hoek SWD met floatie.
 

Waldok

Senior Member
Kombinasies wat gewerk het:

1. FX/Devilsfork
2. Tjop tjop en FX (Werk vroeg oggend by Cilliers)
3. Strawlic en FX
4. Looti en Vicks
5. Banjo en stuttafords (Het eintlik lanklaas konstante sukses met dit gehad, nou dat ek daaraan dink)
6. Honey glow en FX (bietjie overkill met die fluoro in albei)
7. Dip gewoonlik nie hoek ase nie, maar honey glow op die hoek saam met Banjo en stuttafords op die bol werk, of het gewerk...)
 

LeonK

Member
onthou net een ding, wat vir my werk, werk nie noodwendig vir jou nie.

en nog n ding, dit wat jy in jou voer insit kan jy nie uithaal nie.

as ek namens naruto kan antwoord:- hengel altyd so lig as moontlik. hoe ligter die gewig hoe minder weerstand maar as die wind sterk waai sal mens moet upgrade na n swaarder gewig toe om sodoende jou kol raak te gooi.
 

Naruto

Sealiner
Brakkanjan, ek vang meestal met n M1 of M0. As ek my voer reg aanmaak kry ek meer as 100m gecast. As die wind te erg waai sal ek opgaan na n M1.5. Grootste probleem wat ek al ondervind het met wind is dat die beweging van die water die aas rondrol op die bodem, dan help n swaarder gewig. Ek sal ook n groter gewig bebruik as daar n stroom is en ek vind my aas beweeg (gewoonlik hou die polisieman aan drop of die lyn word heeltyd styf getrek).

Ek het al op plekke gevang met net n klein sputnik sonder n gewig as daar baie haakplek is. Ek sit dan net n klein polisieman aan.
 

Naruto

Sealiner
En maak seker jou hoeke is skerp/nuut. Dit maak n groot verskil. Ek gebruik selde n strop vir meer as een sessie.
 

Brakkanjan

Senior Member
So as dit windstil of stroomstil is gaan jy meer posetiewe byte kry op die m0 as met die m1.5 ?? Dankie vir al die info ouens.

:::S::S
 
Top